fbpx
menuclose

Roelof & Moné

Definitief een van my hoogtepunt-troues vir 2013! Voor die 21ste September was ek nog nooit by die Uitsig ontaal venue nie en het ek ook nog nie vir Roelof en Moné persoonlik ontmoet nie, maar dit was vir geen oomblik ‘n probleem nie. Die venue het soveel gebied in terme van foto geleenthede – die mooiste velde, dam en berge het die agtergrond versier en Roelof en Moné is twee mense wat jou van oor tot oor laat glimlag as jy hulle net sien! Hulle is die twee pragtigste mense en so energiek en spontaan dat dit nie anders as ‘n hoogtepunt kan wees om hulle af te neem nie. Moné is oorspronklik van Groot-Brakrivier en Roelof van Nelspruit. Hulle het laasjaar ‘n plaas in Nelspruit gekoop nadat hulle die wêreld gaan verken het. Roelof boer met Macadamia neute en Moné is ‘n skool berader.

Daar was soveel visuele hoogtepunte om te kon fotografeer – die unieke sinkplaat kerkie, die kleurvolle doilies en lanterns by die venue, al die fyn detail waarby Moné, haar suster en skoonfamilie betrokke was, haar besonderse skoene en rok met die fynste detail…ag, sommer als! Die kos was ook ‘n feesmaal en die venue het die prys gewen vir die ‘beste pampoenkoekies’ in SA. Ek kan bevestig dat dit inderdaad die geval is! Die troukoek was ook spesiaal – dit het bestaan uit ‘n sjokolade koek onder, red velvet koek in die middel en bo-op ‘n wortelkoek! Hulle het ‘n live band gekry wat lekker old school musiek gespeel het (toevallig presies waarvan ek ook hou!) en die gaste het hulle gate uit geniet.

Geniet hierdie lekker-kyk-weer-kyk troue!

Service providers

Venue: Uitsig Onthale, George

Dress: Brides@Lucilla (Blue Collection: Felda) in Pretoria

Hair: Short Cut in Groot-Brakrivier

Make-up: Fazlin Rhoda, George

Flowers & Décor: Barnard, bride and Van Rooyen family

Bridesmaid dresses: YDE

Band: Cloud 9, Sedgefield – highly recommended!

Wedding Cake: Kuzette du Toit

Groom’s suit: Neville’s, Nelspruit

9 comments
Add a comment...

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

  • Carla BurgerOctober 4, 2013 - 11:57 am

    Wow wat ‘n pragtige troue, anders as die gewone, van die koek, dekor, blomme en kerkie! Regtig ‘n fees vir die oog en om af te neem. Pragtige, stralende bruidjie!

    Amazing fotos Nikki!

  • MartiOctober 4, 2013 - 5:11 pm

    Sjoe, ek kan sien dat dit ‘n heerlike troue moes wees om af te neem. pragtige bruid en die mooiste ‘bridal portraits’! Maar AL die foto’s is stunning

  • ChristeneOctober 4, 2013 - 7:06 pm

    Stunning stunning stunning* Elke foto is kuns! Baie mooi geneem :)

  • AninaOctober 5, 2013 - 8:20 pm

    Wow Nikki hierdie fotos is ongelooflik! Love al die details <3

  • MariskaOctober 7, 2013 - 12:25 pm

    Wow Nakkers! Hierdie foto’s is A-MA-ZING! :) Jinne, hierdie bruidspaar is seker in die wolke oor hierdie ongelooflike mooi foto’s!! Love dit! xx

  • Lo-MariOctober 11, 2013 - 3:09 pm

    Nikki, jou fotos vertel so n mooi storie!! Voel of ek self by die troue was…. Jy’t n ongelooflike talent! Pragtige troue!!

  • HeleneOctober 13, 2013 - 8:57 am

    Fantastiese kleurvolle happy fotos!

  • ikaOctober 19, 2013 - 11:40 am

    Oh my goodness, what a beautiful wedding, loving the church

  • AdelNovember 15, 2013 - 1:45 am

    Asemrowende foto’s van ‘n pragtige, vreugdevolle troue! Dit lyk of dit ‘n absolute fees was! Love al die mooie detail :)