2015 het op ‘n baie hoë noot afgesluit met Philip en Linelle se troue by Landtscap in Stellenbosch. Dié twee staan nie terug vir groot uitdagings nie en saam het hulle hul troue haarfyn beplan. Daar was werklik baie moeite gedoen om die reëlings so glad as moontlik te laat verloop en Linelle se tydlyn hoef nie terug te staan vir enige troukoördineerder s’n nie! Die foto’s van Linelle en Philip en hul gevolg is geneem by die pragtige Rustenberg Landgoed buite Stellenbosch – en wat ‘n perfekte keuse was dit nie! Dit het die mooiste romantiese agtergrond geskep vir hierdie twee uiters aantreklike, vrolike mense! Linelle was die fynste bruidjie en ek was gaande oor haar rok se sagte, oop rug. Dit was ook ‘n perfekte dag en Landtscap met sy onverbeterlike uitsigte was ‘n uitstekende keuse. Geniet hierdie fees van kleur en vriendelike, mooi gesigte!
Service providers
Dress: Wilhelmiena Bracken
Stationery: The bride!
Hair & Make-up: Marli Basson
Décor & flowers: Leipzig
Bridesmaid dresses: Natasha Brodrick
Videographers: Mightyfine Productions
DJ: DJ Dirkie
Wedding Cake: Maryke le Roux
My assistant: Karina Conradie
Ek het nou die foto’s vreeslik geniet, baie baie mooi Linelle xx
stunning stunning!
Dit is sooo pragtig!!
Baaaie mooi! Laf daa foto met die kar!
Wow! Super stunning fotos linelle!!
MOOOOOOISTE fotos Nikki. Slaan my asem altyd weg! xxxx