fbpx
menuclose

Pc & Eliska

Pc & Eliska (hul verlowingsfoto’s hier) se troue is perfek vir ‘n Valentynsdag feature!  Ek is mal oor dié twee mense en daarom was ek so opgewonde toe hulle my vra om fotograaf te wees. Pc het ‘n rukkie saam met my gewerk en ek het vir Eliska deur hom ontmoet. Pc het in die afgelope 2 jaar homself ook in die mark gevestig as ‘n baie talentvolle fotograaf. Die 2 is uitgeknip vir mekaar en deel soveel in hul geaardhede en passies. Hul troudag was ‘n fees van wie hulle as ‘n paartjie is en ek was verstom oor al die kreatiwiteit en aandag wat in alle aspekte in gegaan het. Die plek matjies is byvoorbeeld elkeen met die hand gehekel en gaste kon dit huis toe neem. Eliska en Pc se sussies het die mooiste rokkies aan gehad wat ook aangepas is om perfek te pas by die vintage gevoel. Die troukar was uniek en die dekor was sag met ‘n aardse vintage flair. Die kos was ‘n absolute feesmaal en so ook die nagereg tafel (kyk net hoe kreatief was die trouwboek)!

Geniet!!

Service providers

Wedding dress: Elizabeth Stockenström

Stationery, décor & wedding cake: Pc & Eliska (wow!)

Flowers: Christoff Dippenaar: vindec.floral@yahoo.com

Groom’s suit: Moi Styling

My assistant: Mariska Muller

5 comments
Add a comment...

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

  • MartiFebruary 14, 2013 - 1:12 pm

    Sjoe, het ek nou hierdie foto’s geniet! Ek het so in my hart ‘yes!’ gesê toe ek die lieflike nostalgiese dekor sien (en die verskeidenheid van tafelgerei en stoele werk so goed) – dis wonderlik om te sien as ‘n paartjie regtig hulle eie stempel op die dag afdruk. Nikki die foto’s is so, so pragtig en vang die gees van die dag nommerpas vas!

  • Margaret OlivierFebruary 14, 2013 - 3:14 pm

    WOW!!! Baie dankie Nikki dat jy ons kinders se pragtige dag so besonders vasgevang het – nou kan niemand meer stry dat ek twee pragtige dogters het…..en nou ook ‘n pragtige skoonseun..haha!!

  • estelle malanFebruary 14, 2013 - 4:09 pm

    Nikki,absoluut pragtige werk! Dit moet ‘n vreugde wees as mens so baie moeite met jou troudag doen en die fotograaf vang dit so wonderlik vas.

  • MariskaFebruary 14, 2013 - 7:10 pm

    WOW!! Dis absoluut beautiful Nakkers! Sjoe, alles is so perfek vasgevang op die foto’s. So, so mooi!

  • PC & Eliska | Mariska Muller PhotographyFebruary 18, 2013 - 11:14 pm

    […] liewe detail het bygedra tot hierdie besonderse geleentheid se asemrowende atmosfeer. Baie dankie Nikki Meyer dat ek jou kon […]