fbpx
menuclose

Eric & Yolanda

Eric en Yolanda se troue was ‘n behoorlike viering van die lewe en liefde! Die oulike bruidspaar het Donkieskraal in die Sandveld gekies om hul bruilofsfees by te hou. Die onthaal is gehou buitekant ‘n grot met die mooiste rotshange as agtergrond. Die ongelooflike rotsformasies, fynbos op die tafels, ‘n koets met die mooiste wit perde en ‘n smul lekker spitbraai was van die vele hoogtepunt gewees. Nog ‘n hoogtepunt was toe die ringe uitgeruil is – die bruidspaar het hul ringe vir die eerste keer voor die kansel gesien. Eric en Yolanda het so byna nie saam voor die kansel gestaan nie, want Yolanda is gehospitaliseer net voor hul troue maar het blakend gesond met haar aansteeklike groot glimlag langs Eric met sy gebreekte enkel gestaan. Niks kon die nuwe mnr en mev Mouton se vreugde oor hierdie nuwe hoofdstuk in hul lewe demp nie. Eric het 3 oulike seuns en is ‘n geoloog van Rosh Pinah in Namibië. Yolanda is ‘n Suid-Afrikaner met 2 pragtige kinders. Baie geluk julle twee en dankie dat ek daar kon wees om jullie fees dag te dokumenteer!

Venue: Donkieskraal

Orkes: Williston Stoftrappers het vir baie vermaak gesorg

_001_002_003_004_005_006_007_008_009_010_011_012_013_014_015_016_017_018_019_020_021_022_023_024_025_026_027_028_029_030_031_032_033_034_035_036_037_038_039_040_041_042_043_044_045_046_047_048_049_050_051_052_053_054_055_056_057_058_059_060_061_062_063_064_065_066_067_068_069_070_071_072_073

2 comments
Add a comment...

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

  • MartiDecember 3, 2014 - 8:29 pm

    Dis Pragtig! Dit was duidelik ‘n onopgesmukte, uitbundige viering van die lewe en die liefde! Die 5 pragtige kinders maak omtrent ‘n mooi prentjie, maar so ook die baie aantreklike en duidelik baie gelukkige paartjie

  • Esme EngelbrechtDecember 8, 2014 - 8:24 pm

    Ag dis sulke pragtige fotos….mag God julle altyd so gelukkig hou en mag julle familie die geluk wat julle op Nikki se fotos uitstraal vir altyd en altyd uitleef.