William & Jacorien

13 November 2010 Mountain Shadows, Paarl

Ek dink julle gaan hierdie troue verseker geniet, dit is een van my gunstelinge van die jaar! Jacorien en William is twee van die mees saggeaardste, oulikste mense wat mens seker kan ontmoet en ek het baie bevoorreg gevoel om hulle groot dag vir hulle te kon afneem. Jacorien het vir my die mooiste stukkie geskryf oor haar en William. Die tweetjies het mekaar in die Chemie laboratorium op Stellenbosch ontmoet en gou agtergekom die chemie tussen hulle is meer intens as net die eksperimente in die lab! Tans woon hulle in St Andrews, Skotland waar Jacorien haar PhD voltooi en William by die SASOL navorsings fasiliteit werk. Hulle is mal oor reis, kuier oor “n heerlike bord kos (William is half Italiaans, so hy maak blykbaar die ongelooflikste disse!) en is verseker mekaar se sielsgenote. Wanneer hulle na mekaar kyk is die liefde in hul oë so opreg en sag vir mekaar. In hulle vrye tyd doen William karate en golf en Jacorien “kickboxing” (so niemand moet met hulle mors nie!). Die tweetjies se groot droom saam is om eendag “n restaurant en teater te besit. Ek hoop dit gaan hier in SA wees, want dit sal verseker iets baie spesiaals wees! Om terug te kom na die troue – Jacorien se rok was “n droom (kyk net al die detail en dit kon nie beter aan haar gesit het nie!), en ek was mal oor al die “understated” detail – die vintage poskaarte, fyn vlaggies, pêrels, sagte appelkoos rose, die tafelnommers en nog baie meer. Die canapés en later ook die geregte aan tafel was ongelooflik goed voorberei. Gaste is vermaak deur die musiek van die Dixie Swingers wat verseker “n feestelike atmosfeer geskep het. Ek was mal oor die atmosfeer by hierdie troue – dit was so gesellig en vriende het van oral oor die wêreld gekom om te kom deel in hul groot vriende se vreugde. Dit was “n heerlike soel aand, so gaste het die dansvloer warm gedans onder die vlaggies en fyn liggies. Geniet!

/

Enlgish Summary: I loved this wedding it is definitely one of my favourites of the year! Jacorien and William are two of the kindest, sweetest people one can meet and it was such a privilege to work with them. They met in the Chemical laboratory at Stellenbosch University and soon realised that the chemistry in the lab extends to their feelings for each other! At present they live in St Andrews, Scotland where Jacorien is completing her PhD and William works at the SASOL research facility. They are crazy about casino online travelling, cooking up a storm and laughing with their close friends. William is half Italian and apparently he is a whiz in the kitchen! Jacorien and William really compliment each other, when their eyes meet you can see the love and affection between them. To get back to the wedding…I loved Jacorien”s dress – she looked like a dream in it (just look at all the intricate detail) and I loved all the understated detail like the  vintage post cards, strings with small flags, pearls, table numbers, her shoes and so much more. I loved the atmosphere at this wedding, it was so laid back and cozy.  Guests were entertained by the Dixie Swingers band during canapé hour. Later in the evening all the family and friends who came from all over the world enjoyed the sumptuous set menu and danced the night away on the outdoor dance floor. Enjoy!

Service providers:

Venue: Mountain Shadows

Hair & Make-up: Helga Bridal

Dress: Elizabeth Stöckenstrom

Décor: Jacorien!

Flowers: Carin Botha

Band: Dixie Swingers

Catering: Laura Truter

Table cloths, chandeliers, etc.: Classy Candle

My Assistant: Adél (Dankie Della!!)

jacorien_1jacorien_2jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3
jacorien_3

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. marti says:

    Sjoe, ‘n mens kan sien dit was ‘n besonderse troue (mal oor al die detail: rok, dekor ens) en die foto’s vang dit pragtig vas!

  2. pc benadé says:

    pragtige foto’s Nikki! die liefde tussen William en Jacorien is so duidelik..so mooi om te sien :) die foto waar hulle tussen die lavender sit vertel so mooi storie. mal oor die fotos!

  3. Joyce says:

    Jacorien, jy het so mooi gelyk!!! Baie geluk!!! Altyd lekker om bekendes op die internet raak te loop.

  4. Anel says:

    Wel gedaan Nikki! Ek kry sommer ‘n knop in my keel oor die hoeveelheid emosie wat uit hierdie paartjie straal!

  5. So, so beautiful!! I love how soft and elegant your images are :)

  6. wow wow wow! die details is amazing!! stunning fotos nix! love die ring shot! :)

  7. Shoe Nikki. Weereens stunning.

  8. Beautiful! Die bruid is pragtig, die dekor is pragtig, die emosie op die pa se gesig waar hulle in die kerkpaadjie afstap, is so mooi vasgevang. Baie, baie mooi, Nikki!

  9. Stunning!!! Sy het die mooiste skoene aangehad!

  10. Ek raak sommer totally emotional weer van die begin af!!!! Dit was amazing!!! Kan nie wag vir my eie nie!

  11. Ek love die detail, alles is so mooi antiek en fyn

  12. Adel says:

    Nix, jy het jouself weer oortref met die foto’s! Wow, dis pragtig! En is hulle nie ‘n ongelooflike paartjie nie! Mag hulle ‘n leeftyd se vreugde en liefde saam ervaar!

  13. Wow guys, your photos are absolutely STUNNING!!
    Wishing you all the best

  14. Celia says:

    Nikki, jou foto’s is weereens PRAGTIG!!

  15. Leani says:

    That ‘bokeh’ in the first photo is so beautiful!

  16. Carike says:

    Wow dis beautiful! Soveel oorspronklike idees!

  17. Hannalee says:

    Ai tog, Nikki, wat kan ek se? Jou werk laat my alweer sprakeloos.

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments