van Zyl familie
Hierdie was so ‘n fun shoot! Nanette en haar man JG het die pragtigste klein dogtertjie, Nina. Sy was regtig ‘n ‘treat’. Dit is ongelooflik hoe so ‘n klein mensie alreeds ‘n persoonlikheid van haar eie het! Nanette het baie moeite gedoen met die voorbereiding vir die fotosessie, sy het onder andere helium balonne gaan koop en ‘n paar oulike outfits vir haar en klein Nina gereed gehad vir variasie. Sy het ook haar 2 sussies betrek, aangesien hulle so ‘n groot rol in Nina se lewe speel. Ons het eers by hulle oulike huisie in Welgevonden foto’s geneem en toe by La Pinetta (langs die R44) in die laat middag son. Nina is reeds ‘n klein waaghals, sy was uit haar nate toe haar pa haar hoooog in die lug gooi en het ook ‘n hoë glyplank aangedurf. Dankie julle, dit was so maklik en lekker om foto’s van so ‘n spontane klompie te kon neem!
Kyk die oulike swart bootsies!





Kyk net daai gesiggie!
Klein Jack is ook betrek by die foto’s



Nina was baie cool in haar rooi bril






Die laat middag lig was beautiful by La Pinetta
Nina is glad nie bang nie!







Ek is absoluuuut verlief op hierdie foto’s!
Thanks Nikki dis stunning!!! Dankie dat jy so geduldig was want ons kan ‘n rowwe klomp wees! It was more than worth the wait!!!
Love JG, Nanette en Nina (en natuurlik Jack)
STUNNING!
Absoluut pragtig! Lurrrve die Cocker Spaniel.
Ah dis pragtig, ek’s mal oor die met die blou lintjie!
Dis die cuteste klein kaboutertjie!! wat n Blessed dogtertjie met sulke liefdevolle ouers! (en mooi skoentjies!!) Pragtig NikkI!
Haai Nanette, hoe lekker is dit om jou hier te sien, is Nikki nie net amazing nie ?!?! Die foto’s is stunning, jul is dam ‘n mooi klomp bymekaar !!
Julle is ‘n pragtige gesin! Wow, die foto’s is ongelooflik!
Absolutely love these Nik
So bitter mooi! weereens stunning werk. Nanette julle lyk almal so pragtig en Nina is ‘n beaut!
Love you tanja
nikki kon iets tasbaars vasvang met kamera - onsigbare en kosbare familie bande!