Thys-Koch & Eline | 17 Desember 2011 | Morgansvlei, Tulbagh

2011 se trouseisoen kon nie op ‘n hoër noot afgesluit het as met Eline en Thys se troue nie! Alles was net asemrowend en ongelooflik van begin tot einde. Eline en Thys het ‘n aansteeklike vreugde en positiwiteit en ek ag myself baie bevoorreg om saam met hulle te kon gewerk het. Vroeër die jaar het ons baie pret gehad met hulle verlowingsfotos en die troudag was soos iets uit ‘n sprokie: Baie oulike en aantreklike bruidspaar (lees hulle storie in die oulike koerantjie wat uitgegee is aan al die gaste – foto 4), ongelooflike ‘setting’, droom dekor en ‘n feesmaal soos min. Ek het lekker baie fotos opgelaai om die storie van hul troudag te vertel – geniet!!

 

Service providers:

Dress: Lady Marmelade

Stationery: Lizanne from Design It

Hair & Make-up: Bonnin’s Haarsalon – Wilene

Bridesmaid dresses: YDE

Cake: Marisse Snyman

Wedding coordinator: Bride herself

Groom’s suit: Zetman

Shoes and bracelet: Lily Blue

Newspaper: De Aar Drukkers (Design done by Monique Huskisson)

My assistant: Dankie Adél Venter vir al jou hulp en ongelooflike ondersteuning deur 2011, jys amazing!


I would love to hear from you!

comments
  1. Christelle | January 11, 2012

    Asemrowend mooi! Sjoe! Dis stunnin verby!
    Jou fotos vertel die hele storie. En die bruid se oe glanster van geluk.
    Dis soooooo mooi! xx

  2. Kobus Tollig | January 11, 2012

    Stunning work. Well done!!

  3. Heather Steyn | January 11, 2012

    Dit is so SO mooi en so stunning bruidspaar. Die kleure is so mooi en die liefde spring uit die fotos uit. Pragtig Nikki! xx

  4. nikita | January 11, 2012

    WOW!!!wat ‘n besonderse troue!dis absoluut stunning en uniek!!en jo fotos dra by daartoe!ales is net perfek en beeldskoon!

  5. Jeanne | January 11, 2012

    Jouself ALWEER oortref soos altyd Nikki! Beautiful fotos!

  6. Kathryn van Eck | January 11, 2012

    So beautiful Nikki! I love the happiness of the images. And what a gorgeous bride WOW!

  7. Stephné | January 11, 2012

    Nikki Meyer! Jou doring! Yes, ek het so uitgesien na die 2 mense se troufoto’s. Hulle is darem maar mooi mense! Die hele gedoente slaan skoon mens se asem weg! Kloppie vir jou! Blessings!

  8. Danelle | January 11, 2012

    Die fotos is regtig pragtig!!

  9. Stephné | January 11, 2012

    Nikki Meyer! Jou doring! Ek het so uitgesien na hierdie troufoto’s. Dis darem 2 mooi mense! Die hele gedoente slaan skoon mens se asem weg. Kloppie vir jou! Blessings!

  10. Laerskool Noord-Eind | January 11, 2012

    Dit is die mooiste fotos.
    Jy lyk sooo pragtig soos ‘n prinses.
    Ons verlang baie vir jou.
    Bruid van die jaar 2012 wag vir jou!!!!

  11. Michelle | January 11, 2012

    Soos altyd het jy jouself oortref Nikki! Stunning couple! Love die detail! x

  12. Giel en Estelle | January 11, 2012

    Sjoe Nikkie die fotos is baie baie mooi. Jy het verseker die beste in hulle uitgebring. Baie dankie vir al jou moeite ons waardeer dit baie.

  13. Marti | January 11, 2012

    Hierdie foto’s slaan net eenvoudig my asem weg!! Ek wil nie eers begin byvoeglike naamwoorde gebruik nie, want alles is met een woord ASEMROWEND!!

  14. Edene de Jager | January 11, 2012

    Ai liena wat kan ek se… WOW! pragtig hoor… soos ek jou gese het – mooiste bruid ooit!!!

  15. Mareli Grové | January 11, 2012

    WOW!! Weereens geluk julle twee..
    Eline’tjie, jy’t pragtig gelyk.

    Nikki, bitter baie mooi foto’s, het lank uitgesien na die post en jy het glad nie teleurgestel nie! Well done!!

  16. verie | January 11, 2012

    Wow! Die foto’s is so mooi! Ek is mal oor die mooi blomme en decor. En is dit nou nie ‘n aantreklike bruidspaar nie!

  17. Carla | January 11, 2012

    STUNNING! So mooi Eline en Nikki*

  18. Mariska | January 11, 2012

    BEAUTIFUL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! soos altyd! XxX

  19. Gwen Franco | January 11, 2012

    Wow! Stunning work Nikki! Gorgeous imagery and love the way you tell their story.

  20. louis | January 11, 2012

    baie mooi venue, pragtige couple, absoluut stunning fotos!

  21. Juanette | January 11, 2012

    Sjoe Nikki, ek is woordeloos!

  22. Karien | January 12, 2012

    STUNNING fotos!!!!

  23. Johnél vd Westhuizen | January 12, 2012

    Whow!!! Dis PRAGTIGE foto’s! Sjoe, die bruid is prentjiemooi en sy het pragtig gelyk. Love veral die eerste foto van haar in die ou rooi kar en die couple foto op die jetty met die venue en die gaste in die agtergrond. Die tafels het pragtig gelyk en die kos lyk heeeeeerlik. Well done, Nikki! Stunning soos ALTYD! Groete jou nr. 1 fan :-)

  24. Lo-Mari | January 12, 2012

    Nikki, defnitief een van jou mooiste shoots van die jaar! Hierdie Bruid is stunning verby!! Love die wit en swart fotos!! Alle sterkte vir 2012!! xxx

  25. ESTELLE MALAN | January 12, 2012

    Nikki,absoluut pragtige werk.Die dekor fotos is baie,baie mooi en die ‘bome’ fotos steel natuurlik my hart.Die heerlike atmosfeer van die troue is wonderlik vasgevang in jou fotos.

  26. Adel | January 12, 2012

    Ongelooflike werk Nikki! Jy het hierdie oulike paartjie se troue perfek vasgevang. En dis vir my ‘n absolute eer om jou by troues te assisteer, jy is ‘n wonderlike fotograaf, leermeester en vriendin! Dankie! :)

  27. nastassja harvey | January 12, 2012

    sjoe nix die fotos van die bruid in die kar is sooooo mooi! stunning werk soos altyd! :)

  28. Lizanne | January 13, 2012

    Nikki, dis ongelooflik mooi!!

  29. Elke | January 13, 2012

    STUNNING! Baie goeie werk Nikki. En is dit nie die mooiste bruid nie?

  30. Ronette | January 15, 2012

    Oe la la Nikki, asemrowende fotos van ‘n pragtige paartjie….mal oor haar trourok!

  31. liz | January 18, 2012

    Nikki, Nikki, Nikki, my mond hang elke keer oop as ek jou fotos kyk!

  32. ian zaaiman | January 24, 2012

    Nikki, jou fotografie is absoluut GREAT!!! Ek vergaap my aan die stunning bruid – wat n gelukkige man. Alle seen vir julle huwelik.



Nikki Meyer © 2012 Copyright