Tulbagh is darem maar ‘n pragtige dorpie! Susan & Harold-John het die lieflike Roodezand venue gekies om hul droom troue saam met familie en vriende te vier. Die kragonderbreking wat van die middag tot laat in die aand geduur het, het verseker nie ‘n demper op die atmosfeer geplaas nie! Dit was ‘n baie jolige saamtrek by hierdie Joubert & Truter troue. Susan en Harold-John was uit hul nate van opgewondenheid oor die aanbreek van hierdie dag en dit is duidelik dat hulle vir mekaar gemaak is – hulle deel dieselfde humorsin en daar is voorwaar ‘n magnetiese entoesiasme en opregte liefde tussen hulle.
Susan & Harry, dankie dat ek ‘n aandeel in julle baie spesiale dag kon hê!








Hallo Nikki
Jou foto’s is pragtig,interressant,vars,opwindend en nog baie ander byvoeglike naamwoorde!
Baie dankie vir die mooi manier waarop jy met ons gewerk het–selfs met ‘n gryse ou moeder wat nie elke dag meer voor die kameras is nie.Ek kan sien hoekom jy so ‘n gewilde fotograaf is.
Sterkte met jou eie troue–dit gaan sekerlik iets besonders wees.
Groete
Sorita
Nikki, jy neem die mooiste fotos ooit!
Susan en Harry, julle lyk pragtig, starlend gelukkig. Geniet elke oomblik van julle nuwe lewe as getroudes saam!!
WOW WOW WOW! Jul oudste & stoutste niggie dink die foto’s is absoluut AWESOME verby.. very creative indeed… so nice om nie tipiese ge”pose-de” fotos te sien nie – die niceste setting & jul is ‘n stunning couple! Dankie vir ‘n lekker troue… soos altyd het ons dit geniet & die foto van Warren SAYS IT ALL…… luv u lots x
Jul foto’s is pragtig, en ja, die gees van die troue is voorwaar vasgevang. Wat ‘n jolige samekoms van twee sterre in ons lewens!
Dankie Nikki! NIEMAND sou dit beter kon doen as jy en Adel nie. Kan nie wag om die res te sien nie.
Nikkie, jou foto’s is pragtig. Ek kon ongelukkig nie die dag samet die Truter’s deel nie, maar jou foto’s het my die dag laat beleef. Suzie jy het pragtig gelyk! STUNNING.. alles wat mooi is vir julle toekoms saam. :-)
Dis die mooiste foto’s ooit, Susan!! Julle lyk so verlief en gelukkig!!! Baie geluk!! Nicolene en Rozanne
Soos Susan se, niemand sou dit beter doen as jy nie! Pragtig! Kan nie meer wag dat jy ons s’n neem nie!!!
BEAUTIFUL!!!!!!!!!!!!!!!! jinne wow, dis regtig mooi!
Sjoe die foto’s is stunning!! Suzie jy en Harry lyk so gelukkig! Weereens PRAGTIGE foto’s!
Soos altyd die mooiste mooiste foto’s , Nixsie! En jou featured page op die voorblad is BESONDER mooi!
I love these! x
Nikki, your photos are fresh and feminine. Beautifull…