Steyn & Marli | 16 Julie 2011 | Simondium Country Lodge

Kyk, ek het uitgesien na hierdie troue vandat Steyn my al in Maart gebel het. Hy was so opgewonde oor sy komende troue met die meisie van sy drome (wat hy nogal ewe die eerste keer op Facebook gewaar het!), Marli. Hy het sommer dadelik vir my gesê dat sy bruid die mooiste in die geskiedenis gaan wees en dat hulle albei nie meer kan wag vir die dag om aan te breek nie. Ons moes aanvanklik die datum bietjie rondskuif om ons almal se dagboeke te pas, en dit kon op geen manier beter uitgewerk het nie – die 16de Julie was ‘n warm Somersdag (die Bastille fees in Franschhoek het wel die tydlyn bietjie verkort, maar gelukkig het georganiseerde Marli hiermee rekening gehou)! In die kort tydjie wat ek die voorreg gehad het om met hierdie twee oulike mense te kon werk, het al hierdie eienskappe van hulle vir my uitgestaan: hulle is spontaan, saggeaard, snaaks, loop oor van energie en lewenslus, interessant, bitter lief vir Jesus, mal oor kinders, het die oulikste vriende (en dit sê verseker iets van jouself!), kreatief , glamorous, en baaaaie aantreklik!

Die troue is by die karaktervolle Simondium Country Lodge hotel gehou en dit is ook hier waar Marli en haar 8 bruidsmeisies reggemaak het. Ek was so opgewonde oor al die interessante detail by hierdie hotelletjie – ek was veral gaande oor die vintage rooi muurpapier in die een vertrekkie en dan kan ek ook liries raak oor Marli se ongelooflike rok, haar ruiker, die blomme en die oulike strooimeisies. Die diens was in die Franschhoek NG Kerk  en oppad terug na die venue, het ons gestop om die oulike paartjie se fotos teen die sagte lig van die sakkende son te neem. Die partytjie was uiters prettig en die kos ongelooflik.

Geniet hierdie warm Winterstroue!

Service providers

Dress: Gelieft (I was so in love with Marli’s dress!)

Stationery: Seven Swans

Flowers & décor: Riana Brink (072 726 7785)

Bouquets: Hermien Basson (079 529 3245)

Bridesmaid dresses: Marli (the bride)

Make-up: Frankie Lotus (076 604 6317)

Hair: Lizeldi Samuel (082 316 2112)


I would love to hear from you!

comments
  1. Marti | July 27, 2011

    Sjoe, die foto’s is PRAGTIG, so dromerig en romanties! En wat ‘n lieflike bruid!! (en aantreklike bruidegom!) – ek is ook mal oor haar rok

  2. Johnél vd Westhuizen | July 27, 2011

    Marli-vriendin, ek het in julle gasteboekie “by hook or by crook, I’m the last one in your book” geskryf, maar nou is ek een van die 1stes om te se: WHOW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Julle foto’s is sooooooooooooo pragtig! Jy was ‘n beeldskone bruid en almal wat jou ken weet dat jy net so beeldskoon van binne is. Dit was so ‘n lekker troue en die diens was so spesiaal. Nikki, volpunte vir jou!!! Jy het sulke mooi oomblikke vasgevang. Een van my gunstelinge is van die klein dogtertjie op haar ma se heup in die voorportaal van die kerk. Pragtige foto’s, pragtige bruid!

  3. Stephné | July 27, 2011

    Stunning, Nikki! Joegaai, dis ‘n besonderse ene hierdie! Beautiful! En daai blomme!!! Wow… well done!

  4. Yolande Marx | July 27, 2011

    Goeiste Nikki hierdie foto’s is iets besonders! En die couple is so mooi hulle hoort in Hollywood! Dit was nou ‘n fees om na te kyk – dankie!

  5. Jani B | July 28, 2011

    Oeh ek sien wat jy bedoel oor die rok!!! Pragtige kiekies!

  6. Nicola | July 28, 2011

    Pragtig Nikki! (Soos altyd). Lekker om twee bekende gesigte te sien:). Droom mooi.

  7. Heather Steyn | July 28, 2011

    Lieflik Nikki! Mooi bruidspaar en die liefde is so mooi vasgevang!

  8. Adel | July 28, 2011

    Nikki … jou talent en persoonlikheid, gemeng met ʼn sprankelende, spontane en beeldskone paartjie kan nie anders as om ʼn WENRESEP te gee nie! Welgedaan, jy het jouself weer oortref! Dis amper te moeilik om ʼn gunsteling te kies, want ek is mal oor al die foto’s!

  9. Jilda G | July 28, 2011

    Gorgeous photographs and a beautiful couple.

  10. Jana Enslin | July 28, 2011

    Steyn en Marli – julle foto’s is ongelooflik asem-wegslaan mooi!! Ek vee nou nog die trane af en sluk-sluk aan die knop in my keel. Julle is voorwaar ‘n inspirasie en getuienis van God se liefde en trou!!

    Nikki – baie dankie vir die fantastiese wyse waarop jy hierdie 2 spesiale vriende se onvoorwaardelike liefde en deernis vir mekaar vasgevang het. Soos altyd is jou werk iets besonders!! x

  11. Sybil Doms | July 28, 2011

    Stunning Mari! Julle is ‘n beautifull couple…. Was ook lekker om jou sussie te sien Irane! Stuur vir haar groete!

  12. KARLA | July 28, 2011

    wow wow wow Nikki jyt jouself weer oortref dis stunning

  13. Lezanne | July 28, 2011

    Sjoe maar dit is twee handsome mense!!! Baie geluk Steyn en Marli!! Nikki, jou foto’s is weereens ongelooflik! Mens kan hulle liefde, energie en opgewondenheid aanvoel! Ek het sommer begin huil toe ek die foto sien van Steyn waar Marli in die kerk instap! -baie special!!!!

  14. Catherine Mac | July 28, 2011

    Gorgeous! SO lovely!! x xx

  15. Liezel du Toit | July 28, 2011

    Hey Nikki! Wow! Die foto’s is baie mooi! Was ook lekker om jou te sien en bietjie te gesels by die troue.
    Sien baie uit na Desember!

  16. Karla Basson | July 28, 2011

    Beeldskoon-mooi! Ek kry sommer trane in my oe!

  17. Teresa & Stephen | July 28, 2011

    Nikki dis ongelooflike mooi fotos! Sag, Srpankelende & Romanties! Wel gedaan!

  18. annemarie | July 28, 2011

    Marli jy was soo `n stunning bruid sjoe! Julle is `n pragtige couple, lyk of dit `n ware fees was!! Nik soos altyd `n wenner fotos!!

  19. Charmaine | July 28, 2011

    WOW! these are absolutely BEAUTIFUL! Well done Nikki!!

  20. Cheryl McEwan | July 28, 2011

    Breathtaking Nikki!!! love the photos, what a gorgeous couple too!! the colours are magical!!

  21. Tiffany Burnham | July 28, 2011

    Phenomenal! ADORE the colours! x

  22. Lauren kriedemann | July 28, 2011

    beautiful pics Nikki xx

  23. Nicola Bester | July 29, 2011

    Nikki die fotos is ongelooflik!!!!! Mal oor die rok!!!!, dekor en beautiful couple! ABsoluut mal oor hierdie hele troue en shoot!

  24. Judith Doubell | July 29, 2011

    asemrowend!!

  25. Ankia Niemann | July 29, 2011

    WOW! Die fotos is ongelooflik -sprokies-mooi! Eintlik die mooistes wat ek nog OOIT gesien het. Julle is ‘n stunning paartjie en mens herleef sommer weer AL die fun en opwinding van die dag deur net na die fotos te kyk. ***a

  26. linds jooste | July 30, 2011

    jy bly darm maar my favourite_shoe die kiekkies is pragtig!!!!!:)

  27. ronette | July 30, 2011

    Wat kan ek se???? Die paartjie is soooo “hot” hulle “sizzle”! En daai trourok is stunning! Sjoe Nikki, en weereens, is jou fotos “out of this world” ! PRAGTIG!!!!!

  28. Lichelle Neethling | July 31, 2011

    Hierdie is die mooiste “couple” wat ek al ooit in my lewe gesien het. wow. Die fotos is absoluut ongelooflik. WOW!

  29. Henriette Loubser | August 1, 2011

    Baie, baie mooi.
    Veels geluk, Nikki. Absoluut stunning foto’s!

  30. nastassja harvey | August 2, 2011

    oh my word nikkers!!! dis verskriklik stunning, wow! ek dink ek is comment nommer 30? wys jou net hoe amazing hierdie fotos is! :) nix ek’s veral mal oor die bridal portraits en natuurlik die couple fotos, gorgeous!! :)

  31. Rox | August 4, 2011

    Die allerpragtigste foto’s! Ek is mal oor die sagte lig, die bruid se skoene en daardie ongelooflike tulpe! Mooi Nikki!

  32. Kim du Toit | August 5, 2011

    This is so lovely Nikki!!! Love the bridal portrait shots, and the veil one is magical! Also adore the couple shots!!! So beautiful! X

  33. Hermien | August 8, 2011

    Fraai foto’s van ‘n pragtige, prettige paartjie so stralend op die sonnige -amper somerse – wintersmiddag!

  34. Maré Rootman | August 12, 2011

    Dit maak my hartjie sommer warm as ek na die foto’s kyk, elke oomblik so kosbaar vasgevang! manjifiek!

  35. pc benadé | August 18, 2011

    Sjo.. Nikki……. ek LOVE hierdie fotos!! Onberskryflik.

  36. Lo-Mari | August 19, 2011

    Oh my word! Ongelooflike pragtige fotos!
    Hierdie couple is so stunning! Hulle gaan verseker mooi kinders maak!!!

  37. tabitha | August 19, 2011

    One of the best set of wedding pics I’ve ever seen. Nikki, you are truly phenomenal.

  38. Bron Fourie | November 1, 2011

    I was told about your site by a friend, and since I popped onto it, I can’t take my eyes off it. Your work is SO beautiful and inspiring!

    I hope that my work can eventually develop into something as beautiful as this!

    I’ve marked it as a favourite and look forward to my return visits!



Nikki Meyer © 2012 Copyright