Redik en Ané se troue was 'n absolute fees! Twee van dié oulikste mense waarmee ek al gewerk het. Ten spyte van 'n ysige wind wat die heel dag gewaai het, was die twee vol lag en opgewondenheid die heel dag deur. Ané het soos 'n droom gelyk in haar romantiese Elizabeth Stockenström rok. Ek was gaande oor die vars wit tulpe op die tafels asook Ané se een sussie (sy is een van vier dogters!) se oulike dogtertjie (kyk net die gesiggie!).
Geniet hierdie beeldskone Winter troue!
Service providers:
Dress: Elizabeth Stockenström
Stationery: Ané did these herself!
Hair & Make-up: Helga Strydom
Décor & Flowers: Sukie du Toit and Wilma Fourie from Tramont0 in George
Sjoe, pragtige, PRAGTIGE foto’s!
asemrowend!!jissie julle is mooie mense!!baie baie geluk!!die eeste en laaste foto is vir my die mooiste:) baie geeluk julle en nikki jy bly blerrie goed ;) xox
Ané en Redik.. julle is regtig bedoel vir mekaar en mens kan in die fotos sien hoe lief julle mekaar het! Die laaste foto is absoluut amazing!! Nikki jy neem ongelooflike mooi fotos!! x
Mooi Nikki!! Die couple shoot fotos is amazing en ek is mal oor die bridal portraits!!
Dit is so pragtig dat ek eintlik aangedaan is. Ons is so dankbaar dat julle twee wat voorwaar vir mekaar bedoel
is, bymekaar uitgekom het. Nikki, jou fotos is pragtig!
Kan nie wag om die ander ook te sien nie
Sjoe Nikki, dis nie net een van die mooiste en Geseendste troues nie, maar jy verstaan jou kamera.
Dis Skitterend!!!!
Sien uit na dit wat jy gaan voorberei.
Ané jy het so beeldskoon gelyk en Nikki jou fotos, soos gewoonlik, is stunning! Wat `n onvergeetlike troue!!
Sjoe baie mooi! Love die bruid se rok en al die cute kiddie foto’s.
Wragtig Pragtig! ;-) xx
Daar is nie 1 foto wat nie mooi is nie!
Die laaste foto is die mooiste ooit! Lyk na n baie oulike spontane paartjie! Love haar trourok! Nikki jy’t jouself weer oortref! xoxo
Die foto’s is regtig sooo mooi. Ek wil elke kort-kort weer daarna gaan kyk!
Pragtig Ane!! En jou man lyk regtig baaie oulik!!
Hi Nikki
Ek nou weer bietjie opgevang met jou website its been a while maar wow die troue is net pragtig!! mal oor die bruid se skryf onder die skoene!!
Jis dis so nice!!!! Julle maak ‘n pragtige paartjie!
Woweee!! Ane en Redik jul is net die amazingste paartjie en dit was so groot voorreg om jul groot dag saam met jul te deel! Jul fotos is ongeloooooflik mooi en weerspieel jul liefde vir mekaar 100%! Nikki, jy is net amazing en elke foto se moment is so mooi vasgevang! Well done!!