Pieter & Iréne
Iréne & Pieter is twee van die spontaanste, vriendelikste mense wat ek nog gesien het en hulle pas mekaar soos ‘n handskoen! Ek dink nie ek het een foto van Iréne geneem waar sy nie glimlag nie, sy het die grootste glimlag en borrelende lag wat almal om haar ook laat lag! Sy het beeldskoon gelyk in haar rok (Ilze Roux se ontwerp) en sagte grimering. Die weer was 11 Desember in Hermanus so perfek soos wat ‘n dag by die see maar kan wees. Hulle het in die pragtige klipkerkie (St Peters Anglikaanse kerk) in die hoofstraat van Hermanus getrou en daarna het ons sommer die foto’s met die dramatiese klip mure in die agtergrond geneem (my absolute gunsteling is die een waar hulle so lekker lag onder haar veil) en vandaar het ons afgesuiker na die straatjie onder die kerk wat teen die see verby loop. Dit was so ‘n lieflike dag - die see was ‘n simfonie van kleure - turqoise, die wit skuim van die branders en ‘n diep, helder blou. Die onthaal het daarna gevolg by La Vierge in die pragtige Hemel en Aarde vallei net voor Hermanus. Die uitsig vandaar is hemels en so ook die kos wat voorgesit was. Iréne en Pieter is twee baie begaafde mense - hulle is albei dokters en Iréne is ook ‘n baie talentvolle pianis. Hul lewensvreugde en opregte passie vir mense was vir my so mooi om te sien. Ek het na die tyd ook vir Adêl, my assitent, gesê dat die foto’s van hulle na die seremonie so maklik was, net omdat die twee so vriendelik en spontaan was. Blykbaar het hulle slegs ‘n handjie vol foto’s van hulleself, maar op die dag was hulle soo natuurlik voor die kamera, hulle hoef net na mekaar te kyk en dan helder die glimlagte op! Iréne & Pieter ek hoop julle geniet hierdie voorskou van julle troufoto’s en dat julle nou baie kiekies vir fotorame gaan hê!
















Sit op Singapore lughawe en herleef elke mooi oomblik met elke mooi prentjie. Dankie Nikki en Adel! Die foto’s is pragtig!
Sjoe, dis wragties besondere foto’s! Dis ‘real’ : net soos ons die twee ken! Nikki, jy’t regtig ‘n aanvoeling vir ‘n prag-kiekie : as mens na die foto’s kyk, herleef jy weer die ‘vibe’ van die dag!
Nikki, jou fotos is soos gewoonlik stunning! Irene en Pieter, baie geluk…dit was ‘n vrek lekker troue.
Dis mooi!
Sjoe, die foto’s is regtig PRAGTIG, Nikki!
jul foto’s is pragtig!
Well done Nikkie, stunning fotos, ek raak nou sommer opgewonde
Irene, jy het soos ‘n droom gelyk!!!!