Dit is was een groot vreugde om by hierdie bitter oulike paartjie se troue betrokke te kon wees! Ek was bevoorreg om vir Thelme al verlede jaar te leer ken het toe ek haar trou uitnodigings vir hulle gemaak het. Saterdag 30 Oktober was ‘n heerlike warm dag in Stellenbosch en familie en vriende het van reg oor die land en ook van ander dele van die wêreld gereis om saam te kom ter viering van Thelme en Petrus se nuwe lewensreis saam. Ek was mal oor letterlik alles by hierdie troue – eerstens, die blomme en dekor…wat ‘n lus vir die oog (die sagte pienke, groene en goud was so romanties)! In plaas van die gewone enkel troukoek, was daar ‘n klein troukoekie (tradisionele, outydse troukoek) op elke tafel en die oudste persoon aan elke tafel het die tafel se koek gesny en gaste het elk ‘n boksie gekry om die stukkie koek huis toe te kon neem – hoe uniek en oulik! Thelme se ouma het haar hand ruiker vir haar gemaak – baie spesiaal! Die bruid self het soos ‘n droom gelyk in haar fraai trourok met kant en pêrels afgewerk en Petrus het alte defitig gelyk in sy gestreepte troupak met strikdas. Na die seremonie is ons reguit Mystic Boer toe in Victoriastraat – dit was Thelmé se oorspronklike voorstel en ek was natuurlik vreeslik opgewonde om daar binne te kon fotos neem! Behalwe vir die kroeg fotos is alles met natuurlike lig binne geneem. Nooitgedacht self is ‘n lushof vir enige fotograaf – daar is net soveel om mee te werk en ek is mal oor die sagte lig wat om elke hoek en draai te vind is. Ek is seker julle gaan hierdie post geniet!
Service providers:
Flowers & décor: Leipzig
Dress: Elbeth Gilis
Bride’s bouquet: Bride’s grandmother
Hair: Annelize – House of hair
Make-up: Marietjie Hurter
Cakes: Elise Mariette
Stationery: My mom and myself
Assistant: Pc Benadé (so baie dankie vir jou hulp!)










Dit is die mooiste mooiste foto’s!! Ek het hoendervleis gekry toe ek daarna kyk! Nikki, jy het vir Thelmé en Petrus perfek vasgevang – ‘n mens sien hulle persoonlikheid en liefde in elke foto!! Wow!!!
NIKKI! Die foto’s is pragtig – ek het net begin dink dat ek van die detail van daardie dag stadig maar seker begin vergeet, maar nou sal ek definitief nie kan nie! Baie, baie dankie vir al jou moeite! xx
Ek is absoluut mal verby oor hierdie stunning foto’s! Veral die Mystic Boer foto’s is net te mooi vir woorde!
Dit is STUNNING STUNNING STUNNING!!!
ek love die familiefoto EN die foto met die kappertjies en wilgerboom wat oorhang is “to die for”…EN al die ander fotos is ook beautiful! :)
Ek stem saam met Adene – nr 52 is ‘n stunner! Baie mooi ♥
Pingback: Petrus & Thelmé: Married! « pc benadé photography
die fotos lyk awesome nikki! Die mystic boer fotos is so anders – vars!, hou van die familie foto met die pa en sy black label :) petrus se gesig wat so ophelder in die kerk se dit alles!
Niiki jy het al weer jouself oortref !! Jy het darem regtig n manier om iets in mense na vore te bring wat dan die mooiste fotos neem. Jy het regtig ook n besondere talent om daai “in the moment “fotos te neem. xxx
Bitter bitter mooi foto’s!!!!!
Ek LOVE die Mystic Boer fotos!
Pragtig Nikki, ek love die fototjie van die papparazzi :)
hoe oulik is hierdie paartjie?? die detail fotos, stunning niks! sjoe die een onder die willow tree is vrek mooi… en die bridal portraits waar sy voor die venster sit… ongelooflik… hulle gaan MAL wees oor hulle fotos!! x
Wat een mooie foto’s van Thelme en Petrus. Hele mooie kleuren en plaatjes.
Vooral die met de wilgenboom. Schitterende foto’s.
Wow. Amazing foto’s.
Geluk julle twee!
Nikki, die foto’s is ongelooflik mooi! Jy het ‘n briljante werk gedoen! En wat ‘n pragtige paartjie! Die foto’s is net weer ‘n bevestiging van hoe baie ek uitgemis het!:)
wow. stunning!
Die fotos is ongelooooooflik mooi. Laat my sommer wens ons kon die troue van voor af he! Die kleur, beligting en mense is alles net PERFEK perfek perfek! So moooooi ;)
Nikki. Jy inspireer my om ‘n beter fotograaf te wees. Ek love jou fotos.
Amazing photography as always. I should stop visiting your blog, my photos pales in comparison! ;-)
Love die foto van die tannies met hul kameras. Die Mystic boer foto’s is net so mooi!
WOW Nikki. Jy is regtig ‘n inspirasie vir enige fotograaf!! Dit is vreeslik mooi! Ek is crazy oor jou werk!