Paul & Jeana

31 August 2013 Kleinevalleij, Wellington

Paul en Jeana se bruilofsfees is op die laaste Wintersdag gehou en al lyk dit nie of dit koud was nie (ons bruid was uiters braaf), was dit bibberend! Nietemin het dit geensins ‘n demper op die feestelike atmosfeer van die dag geplaas nie. Die seremonie sou aanvanklik buite gewees het maar was op die ou end knus binne in die onthaalsaal. Die reën het opgeklaar net voordat ons weggetrek het met die ‘couple shoot’ en die sagte lig was ideaal vir foto’s. Jeana met haar besonderse gelaatstrekke het beeldskoon gelyk in ‘n Elizabeth Stockenström rok en Sanmarie het ekstra glans aan haar voorkoms verleen met die hare en grimering. Die onthaalsaal het ongelooflik gelyk onder die kreatiwiteit van Anne-Marie le Roux. Paul en Jeana is gemaklike, plat op die aarde mense en ek was gelukkig om ‘n paar maande van te vore hulle te kon ontmoet met die verlowingsfoto’s. Geniet hulle troufoto’s!

Service providers:

Hair & Make-up: Sanmarie

Flowers & Décor: Anne-Marie le Roux (082 378 3993)

Dress: Elizabeth Wedding Gowns

Bridesmaid dresses: YDE

Wedding car: Brahm Jonker (082 077 5940)

Cake: Cinnamon Creations

Coördinators: Carla Grové and Jeana and her mother, Erika.

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. Mariska says:

    Sjoe Nakki! Ongelooflike mooi foto’s!!!

  2. Marti says:

    BAIE BAIE mooi!!

  3. Karina says:

    stunning fotos Nikki!! love die een met die oorbelle ;-)

  4. Petronel says:

    Stunning foto’s!!!!
    Stunning bruid!!!!!!!!

  5. Adel says:

    Asemrowende foto’s Nix! Die bruid het absoluut stunning gelyk!

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments