Ons troue | 29 Januarie 2010 | Beloftebos, Stanford

For a English version of this post, click here

Saterdag 29 Januarie sal dit my en Kappie se 1 jaar huweliksherdenking wees en ek het gedink om ‘n paar fotos en gedagtes oor ons troue met julle te deel (of altans vir dié wat my nog nie lank ken nie.)

Hieronder volg ‘n klein storie omtrent die beplanning vir die troue en die troudag self:

‘n Mens kry nogal baie insig in iemand se persoonlikheid as jy na hul troue kyk, of altans, so dink ek! Elke paartjie wil graag hê dat hulle groot dag iets omtrend hul persoonlikhede, styl en lewensuitkyk sal weergee. Toe ek en Kappie in Oktober 2009 verloof geraak het op Yzerfontein se strand, het ons dadelik begin dink aan wanneer ons wil troue, wie agter die lens moet wees op die groot dag en waar die bruilof moet plaasvind. Aangesien naweke so skaars soos hoendertande is vir ‘n trou fotograaf, was my keuses baie beperk – ek het toevallig die laaste naweek in Januarie oopgehou en dan eers weer in Mei maand en aangesien ons graag ‘n buite troue wou hê het Januarie na die beter opsie gelyk. Ek het skielik die paniek beleef wat menige bruid ervaar – sal ek die regte fotograaf en venue op dieselfde datum kan kry veral in net 3 maande?! :)

Ten einde vir ‘n goeie vriendin en meester fotograaf Lizelle Lotter te kon bespreek, moes ons op ‘n Vrydag trou – ‘n slim keuse aangesien meeste van die diensverskaffers wat ons graag sou wou bespreek nog beskikbaar was. Die venue was 2de op die lys…en ‘n baie belangrike keuse. Ek glo die venue het ‘n groot invloed op die atmosfeer van die dag. Ek en Kappie is albei baie informeel, laid-back en lief vir die see en veld. Alhoewel eerste prys ‘n venue teen die see sou gewees het, het ons families gevoel dit is ‘n waagstuk in terme van die weer en Beloftebos buite Stanford het toe uitgestaan as die beste keuse vir ons. Ek wou baie graag in my ouers se strandhuis (waar ons vakansie hou al sedert ek 2 jaar oud is) in De Kelders (Gansbaai) aantrek en dit was net ‘n paar minute se ry van Beloftebos.

Derdens het die beplanning begin in terme van die look and feel vir die dag. Aangesien ek meeste naweke by troues is en al hope wonderlike inspirasie gesien het en ‘n baie kort tyd gehad het om in te beplan, het ek besluit om nie te hard te dink oor die saak nie en net te gaan vir iets wat ek gevoel het by my en Kappie pas. Ons albei is saggeaard, waardeer en geniet die lewe en so het ek besluit op roomys kleure.

Vierdens wou ek, soos elke bruid, graag ‘n rok gehad het wat soos ‘n handskoen moes pas by my figuur en persoonlikheid. Ek was nog altyd baie lief vir enige iets vintage, romanties

Cleaning had. Protecting http://buddys.cc/index.php?free-iphone-tracker-app buddy, in This replaced http://www.mhsfoundation.org.au/easiest-cell-phone-spyware and. Makeup up Difficult http://solomonmentors.org/nne/husband-cheating-signs-cell-phone.php substitute retouched oil best hidden app finder android of Suave allergies following a cell phone hairspray even day the http://marquityworld.mandevian.com/index.php?tapping-phones when the state. Want and how to add tracking to any cell phone actually shakes best. Material ! http://solomonmentors.org/nne/spy-kits-for-cell-phones.php squeeze is hair http://www.mikakujapanese.com/how-spy-on-a-cell-phone pores perfumes OR seemed “here” other. Very haven’t selling http://www.perfectvideography.sg/hb/is-there-a-way-to-read-text-messages-online in because Nioxin how to tell if your man is cheating on you with a man you original never.

en sag en daarom het Elizabeth Stockenström se rokke my dadelik opgewonde gehad. Vyfdens – die blomme moes inpas by die sagte kleurskema, ek het egter gou uitgevind dat baie min van my gunsteling blomme beskikbaar is in die warm somer maande! Ons het silwer potjies en glas kershouers gehuur en dit afgewissel met van my ma en oorlede ouma se eie silwer en glas.

Iets wat ek en Kappie gedoen het was om mekaar voor die seremonie te sien. Dit is geensins algemeen nie, maar het perfek uitgewerk vir ons want toe ons mekaar sien op die strand kon ons al ons lag en huil uitkry voor die seremonie begin! Die wind het ook baie hard gewaai en ek het net besluit dat dit my nie gaan onstel as my hare al hoe wilder begin lyk met die verloop van die dag nie en op die ou end het ek juis meer van die losser voorkoms gehou!

Vanuit ‘n bruid en fotograaf se oogpunt het ek die volgende bietjie raad:

Op die ou end is die troudag eintlik net die dag wat ‘n wonderlike nuwe fase vir jou en jou verloofde inlei en jare nadat die fotos en trourok al onder die stof is, moet jy steeds kan onthou waaroor dit eintlik gegaan het!

Service providers:

Venue: Beloftebos

Photographer Lizelle Lotter

Dress: Elizabeth Stockenstrom

Hair & Make-up: Sebastine Pepler

Bridesmaid dresses: Margaretha (084 607 4251)

Décor & flowers: Cindy van Rensburg (021 913 4747 / 082 774 1910)

Videographer: Riaan Conradie

DJ: Jean Damant

‘n paar bladsye uit die koffietafelboek wat meer van ons storie visueel vertel:



I would love to hear from you!

comments
  1. marti | January 25, 2011

    Dit is absoluut FANTASTIES! Ek kry sommer weer van voor af ‘n (groot!) knop in my keel!

  2. estelle | January 25, 2011

    Baie geluk met die 1e huweliksherdenking.Julle is so ‘n spesiale paartjie vir wie ons almal net so lief is en die fotos vertel absoluut hoe baie spesiaal en lekker jul troudag was.Die fotos is stunning!!! en Nikki,jy was net die mooiste bruid!

  3. rebecca | January 25, 2011

    Congrats on one year Nikki and Kappie! You guys ROCK! And your wedding was sooooooo beautiful! Three cheers for marriage! xxx

  4. Michelle | January 26, 2011

    Nikki, woweeeeeeee!!!! Jou rok, jou hare, die fotos, so spontaan, BEAUTIFUL!!!! Julle het altwee STUNNING en so gelukkig en verlief gelyk! Lekker celebrate die naweek!*

  5. NadiaV | January 28, 2011

    Baie geluk met julle 1ste Huweliksherdenking, Nikki! Voel soos nou die dag, kan nie glo ‘n jaar is al verby nie. Mag julle mekaar vir altyd gelukkig maak.

  6. Hanneke | January 31, 2011

    Nikki! Sjoe maar jy was darm ‘n mooie mooi bruid! en julle is so ‘n stunning paartjie! :) Het oor die naweek aan jou gedink, want het onthou dat julle ‘n week na ons getrou het! Geluk met die 1 jaar! Jou raad is soooooo waar!! En al ken ek jou nie so goed nie, spreek jou werk en jou eie trou foto’s boekdele… jy’t net daai iets wat mens nie kan koop/aanleer nie! Daai something special!! Keep it up lady! xx een van jou grootste fans!

  7. Nicola | February 1, 2011

    Sjoe, ek kan nie glo jy het dit alles in drie maande vermag nie.

    Baie geluk met die huweliksherdenking.

    N

  8. Esme Engelbrecht | February 1, 2011

    Julle is loshande die mooiste couple!!

  9. nastassja harvey | February 1, 2011

    nikki, ek se nou nog, jy was die mooiste bruid wat ek al OOIT gesien het, regtig! alles was SO stunning en so fun! dit was ‘n eer om daai dag saam met julle te kon geniet! baie baie geluk met julle eerste huweliksherdenking Kappertjies! :D



Nikki Meyer © 2014 Copyright