Niël & Maché

29 Mei 2010 Landbou Skousaal, Robertson

Ek weet nie waar om te begin skryf oor hierdie ongelooflike troue, of eerder bruilofsfees, van Niël en Maché nie…ek is mal oor troues (dit weet almal seker!) en hierdie troue is als wat ek sou sê dit regtig oor gaan – die emosie, uitbundige vreugde, familie en vriende wat ‘n hond uit ‘n bos uit kan saam lag, kuier en fees vier…die pa wat huiwerig, dog met ‘n geruste hart, sy geliefde dogter afstaan; die bruidegom wat met absolute oorgawe sy liefde vir die Here uit volle bors sing; en ‘n makietie wat eers teen 4 uur die oggend begin spoed verloor het! Toe ek en Adél aankom by die Robertson Small hotel het ons dadelik die energie van die dag begin voel…Maché se 2 boeties kon nie ophou sê hoe ongelooflik hulle sussie lyk nie; oupa het reggestaan by die vintage troukar (oupa het as ‘n geskenk vir Maché haar trourok vir haar betaal!); vader het gehelp om Maché se rits knopies vas te maak en moeder, uitgedos in haar stunning diep aubergine outfit, het reggestaan om uit te kyk dat als vlot verloop. Van hier af was dit net die een hoogtepunt op die volgende…(behalwe dat die Stormers in die Super 14 finaal verloor het) Niël kon nie sy oë afhaal van die ongelooflike skoonheid wat in die padjie na hom afgekom het nie; die kerk se dak het gelig tydens die lofprysing en juffrou Maché se klassie was ook daar om in die trouery te deel! Vir die familie en couple fotos vertrek ons toe na Springfield wynplaas net buite die dorp. Maché het vir haar pa gevra om vir haar ‘n ‘kalkbaai muur’ te verf (die kleure mag dalk vir julle bekend lyk!) – hoe oulik is dit nie?! Ons het al die familiefotos teen hierdie netjiese ‘muur’ geneem…so ‘n vrolike familie kan darem nie teen ‘n vaal muur afgeneem word nie! Dit was ‘n fees om om die couple fotos saam met Niël en Maché te doen want hulle is net ‘n bondel vreugde en liefde. Ek was mal oor die oop veldjie met die kaktusse en ook die ‘hoenderbraai’ stalletjie op die skougronde. Goed, ek het nou genoeg gekekkel, ek hoop die fotos sal die res van die storie vertel! (Dankie aan albei families vir julle ongelooflike gasvryheid en dat ek kon deel wees van hierdie amazing dag!)

For my english readers…I know that some of you might not understand Afrikaans and I know the feeling of utter frustration when you would like to read what a post is all about and the only thing you see is a jumble of letters that make no sense…so from now on if I am posting an Afrikaans couple’s wedding I will give a summary of the day in english, so here goes:

I don’t even know where to start writing about this amazing wedding…I adore weddings (I am sure you all know this by now!) and this wedding is to my opinion what it is all about…the emotion, ecstatic joy, family and friends that share the joy of a couple’s opening chapter of their new lives together; the father that is somewhat hesitant (though deeply happy) to hand over his daughter at the end of the isle; the groom that praises the Lord with the deepest joy and dancing that continues well into the early hours of the morning. For the family and couple photos we travelled a few km’s out of town to the beautiful Springfield wine estate. Maché asked her father to paint her a ‘Kalkbay wall’ (I am sure that the colours will look familiar to some of you!) which served as a backdrop for the couple and family photos…how sweet is that?! I had so much fun photographing Maché & Niël because they are such an energetic in-love couple! My favourite photos are those taken in the open field with cacti and in front of the chicken-braai kiosk. Enjoy!

Service providers:

Dress: Hanelore (082 976 9147)

Hair & Make-up: Anna-Mart Mostert (082 788 3916)

Décor & Flowers: Family

Perspex table names: Doodles laser cutting

Venue where Maché got dressed: Robertson Small Hotel

Videographer: Kobus Bender

Editing nota: Ek is absoluut mal oor editing en sal dikwels tien verskillende goed op een foto probeer voordat ek tevrede is; ek het onlangs afgekom op Dror Eyal, ‘n famous troufotograaf in die noorde van ons land, se presets wat hy self skep in Lightroom (vir hierdie post het ek nie een foto in photoshop na die tyd ge-edit nie, alles kom net so uit Lightroom, behalwe vir die RAD Action, Slice like a Ninja, wat ek in Photoshop gebruik om die fotos ekstra skerp te maak vir die rekenaarskerm) – ek het van hulle aangewend op die close-up van die 3 bouquets, die reeks waar Maché in die troukar arriveer (‘n preset genaamd desert) en vir die heel laaste foto het ek die persian preset gebruik)

mache_1

‘n fees van vrolike kleure!mache_2-copy-copy

Ek was gek oor Maché re ruiker, dit was verseker iets anders! Die vars groen en pers het so goed saamgewerk..mache_3

Pa Kobus skrik nie vir ‘n paar fyn knopies nie:

mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3

Is sy nie prentjie-mooi nie?!
mache_3

‘n Interessante bruid kort interessante, vrolike skoene!
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3

mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3

Niël was baie opgewonde toe ek vir hom vra om die mannetjie na te aap..
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3
mache_3

Die veelkleurige na-gereg ‘tafel’!
mache_3

mache_3

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. Marti says:

    O, jitte, ek kan nie eers sê hoeveel ek hierdie ongelooflike foto’s love nie. Lyk na die allerheerlikste troue!!

  2. Rebecca says:

    Absolutely incredible Nik! You are amazing and I love love LOVE this wedding! x

  3. Mia says:

    Wow, Nix! Hierdie keer weet ek regtig watter een my gunsteling is nie – mal oor die laaste foto en ek stem saam, die bruid se ruiker is iets besonders – jy’t die atmosfeer van die dag vasgevang – dit voel amper asof ek daar was! Fantastiese foto’s hierdie!

  4. Annemarie says:

    Nikki, WOW! Ek kon nie wag vir hierdie beautiful fotos nie en jy het dit soo mooi geneem! Jouberts, julle `n so `n stunning couple en dit straal uit die fotos uit, die troue was `n ware bruilofsfees! En Mache jy het beeldskoon gelyk!

  5. Lizemari says:

    Het nie rerig woorde om te beskryf hoe mooi dit is nie. Nikki jy het hulle so perfek vasgevang, mens kan sommer vir Mache hoor lag op al die foto’s!! absoluut fantasties mooi!!

  6. Billy - Jean says:

    Nikki, Nikki, Nikki sal daar ooit n oomblik wees waar ons weer ons asems kan terug kry?Hoop nie so nie! Jy hou aan om te inspireer en dit bly n plesier om jou werk te kyk. Dis stunning foties. Als wat mooi is vir jou! Jesus Liefde xxx

  7. nikkers ek is nou nog so verstom oor hoe jy al daai amazing kleure kry!!! stunning shoot!! x

  8. Kat Forsyth says:

    Oh Nikki, these are PHENOMENAL! You are so so amazing!

  9. Rozana says:

    WOW Nikki, what amazing pictures and Wedding to finish the season off with* I LOVE the beautiful colours and the Bride`s earings and shoes are stunning-any idea where she got them from???

  10. Doreen says:

    Ek was so bevoorreg om die wonderlike troue by te kon woon, en jou fotos het dit baie mooi op gesom…Mache en Niel julle het darm nou eenmaal ongelooflik gelyk.

  11. Sume' says:

    WOOOWWWW !! Hierdie troue is stunning !! Well done Nikki !! Ek het geoeee en geaaaaahhh met elke liewe foto !!

  12. Nikker! Ek voel sommer inspired!

  13. danelle says:

    sjoe! beautiful! LOVE die laaste foto!

  14. WHOW!!! Ek’t geweet die foto’s gaan stunning wees, maar sjoe, dis meer as stunning!!! Well done, Nikki! Ek was so bevoorreg om deel te wees van Niel en Mache se bitter lekker troue. Die 2tjies straal behoorlik en jy het dit so mooi in jou foto’s vasgevang. Niel was so ‘n trotse bruidegom en kon die heel aand nie sy oe van sy bruid af hou nie. En tereg ook, wat Mache-Vriendin, jy het prinses-mooi gelyk. En as ek so na die foto’s kyk, moet ek met Lizemari saamstem: ek hoor jou uit jou maag uit lag en ek hoor jou stem klok-helder. Alles wat heerlik, die kos was uit die boonste rakke, ons het ‘n gr8 tafel gehad en die poedingtafel was so uniek en so lekker.
    En dit was baie lekker om jou te ontmoet en dop te hou, Nikki. Sien jou volgende week!

  15. Lizanne says:

    Sjoe dis beautiful!

  16. NIKKI!!!! Dit is ONGELOOFLIK!!!!

  17. daleen says:

    fabulous fotos!! regtig ongelooflik!

  18. Antjie says:

    Nikki, nou verstaan hierdie trotse pa en ma waarom ons Mache’tjie, elke naweek, ure aaneen na jou foto’s gekyk het. Jy IS die beste, en ons wil sommer dankie sê dat jy haar mooiste dag so spesiaal gemaak het. Ons kan haar ook hoor lag van dankbaarheid en vreugde.

  19. Love die foto’s, ons het dieselfde kar gehad as trou kar!!!

  20. Rosali says:

    Dankie vir pragtige foto’s Nikki, as familie in KZN het ons die pragtige dag misgeloop, maar deur jou lens kon ons deel in die besondere dag van Niel en Mache en veral Oupa, sommer almal wat ons so na aan die hart le!!!!

  21. Hanneke says:

    STUNNING!!!!
    Soos altyd :)

  22. Renda says:

    Wat ‘n lieflike troue! En bravo vir die helder kleurskema!

  23. semel says:

    awesome!!sommer trane in my oe!!mag ek ook eendag trou!!:) mache jy was so mooi, maar die foto’s maar jou selfs NOG mooier..nie gedink dis moontlik na daardie ongelooflike aand nie!dankie en SJOE en njoy jou PRAGTIGE foto’s

  24. MICHELLE BRUWER says:

    WOW!! FANTASTIC WEDDING AND PHOTOS.

  25. Adel says:

    Nikki, ek is absoluut versot op hierdie post! Nie net is die foto’s asemrowend nie, maar die pragtige paartjie ook! Dit was ‘n voorreg om hulle te ontmoet, julle straal liefde vir mekaar en ander! Geniet die lewe saam! Ek hoop om eendag ook sulke mooi foto’s te neem! Nix, jy is inspirerend! :-)

  26. Adri says:

    wow Nikkers!! Dis ongelooflik mooi! Ek love die kleure!!! Jou fotos slaan my asem weg!! xx

  27. Ongelooflik beautiful! Stunning foto’s Nikki – van ‘n stunning couple! LOVE die vrolikheid, FUN en feestelike gevoel van als!

  28. Sjoe, hoe slaan jy my asem nou weg, so lewendig en fantasties!

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments