Ek het so ‘n rukkie terug die voorreg gehad om tyd saam met die Hertzog familie in Bakoven te spandeer. Klein Mieke is te oulik vir woorde, sy het die mooiste glimlag, nes haar ma Ria. Ria verwag volgende week ‘n dogtertjie, Lisa. Ons het eers ‘n bietjie tyd spandeer in hulle huis en toe is almal af strand toe, wat ‘n voorreg om so naby die strand te kan bly! Pa Wilhelm het ook hier by ons aangesluit en Mieke was veral ingenome daarmee om hoooooog in die lug te kon wees, sy kon nie ophou lag nie! Die laatmiddag lig het ook ‘n lieflike goue skynsel oor die oulike gesinnetjie gegooi. Dankie julle dat ek hierdie tyd saam met julle kon spandeer en geniet elke oomblik wat voorlê met die aankoms van die nuweling!




















Ahh, beautiful!!
Pingback: Nikki Meyer Photography » Gina & Francois