Ulrich & Mia is twee van ons beste vriende. Enige iets saam met hulle word omskep in ‘n fees. Hulle ongelooflike passie vir die lewe, sin vir humor en spontane vreugde is so aansteeklik (en ek glo sterk daarin dat jy jou moet omring met positiewe mense!). Die tweetjies se ogies blink al vir mekaar sedert Ulrich in Matriek was en Mia in Standerd 8 (graad 10) en die passie wat die twee vir mekaar het groei net by die dag. Ulrich is ‘n ingenieur en Mia het nou net haar M graad in Sielkunde voltooi. Albei is uiters sportief en is gek oor draf en fietsry. Ek het aan die begin van die jaar ‘n paar fotos van hulle geneem sommer net vir die pret daarvan en nou, nadat hulle verloof geraak het, het ons weer fotos gaan neem – dié keer tussen die bloeisels! Mia het spesiaal rondgery om die mooiste bloeisels te vind en ek was uit my nate toe ek daar aankom (die plaaspad net na Neethlingshof – maar die bloeisels is al klaar weer weg, dit blom mos net vir ‘n baie kort rukkie!) en die sagte wit donsige kombers oor die vars groen blaartjies sien! Ons het sommer al die fotos net daar geneem en Mia het self soos ‘n blommetjie gelyk in haar vrolike pienk rokkie. Dié tweetjies trou volgende jaar die 9de April in Franschhoek en ek kan nie wag om ‘n strooimeisie te wees nie! Geniet!





Die verloofdes:

















PRAGTIGE phodies!! En ja, hulle IS 2 stunning mense!
Ooooo Nikki maar dit is mooi!!!!
WOWIEEE! so so mooi xx
Dit is so sweet!! Mia en Ulrich, mag julle ‘n leeftyd se liefde en vreugde deel! Nikki, dis waarlik pragtige foto’s van die tweetjies, jy beeld hulle sprankelende persoonlikhede so mooi uit! Well done! ;-)
niks!!!! ek het nie woorde nie!! ongelooflik-out-of-this-world pragtig!!! vrek mal oor die editing!! regtig onbeskryflik mooi!! x
these are stunning Nix! love the blossoms and Ulrich & Mia look so gorgeous together!
Dis sooooooo mooi! Beautiful!!
so beautiful niks love it
Blossoms are one of my favourite things so LOVE all the pics Nikki! Te te mooi :)
So romanties! Dis ‘n pragtige foto waar hulle handjies vashou
Vir my is dit een van jou mooiste couple shoots nog! Die meisie lyk so gelukkig. En jou editing op die laaste paar foto’s is WOW! So warm en mooi :)
AHHH.. Nikki these are just AMAZING, you have captured such lovely and special REAL moments between this gorgeous couple! LOVE these x
Sjoe, baie baie baie mooi :)
Pragtig! Ek is mal oor die takkies en blare in voorgrond! x
Love this shoot! The couple look so at ease, and relaxed. It feels like a long, hot summers day……of love! Gorgeous!
Julle twee is so na aan my hart as daai bloeisels aan die boom! Wens ek was nader xx