Loumar & Charlotte | 16 Desember 2011 | Langverwagt

Ek ken vir Charlie al vandat ons 5 is. Ons was ‘n groepie kinders wat ure om gespeel het op De Kelders se strandjie, klipvisse gevang het, op rolskaatse resies gejaag het, Monopoly gespeel en marshmallows gebraai het (hoe nostalgies raak ek nou!). Op die 16de Desember 2011 het Charlie toe afgehaak met haar Namibiese man en dit was ‘n sprokiestroue van begin tot einde. Charlie het nog altyd haar eie unieke styl gehad en sy (en al haar getroue vriende en familielede) het dit reggekry om presies dit na vore te bring op haar en Loumar se troue – ek was regtig mal oor elke stukkie detail – van die papawers en helder strooimeisierokkies (is dit nie stunning nie?!) tot die skryfbehoeftes en ougat troukoek. Charlotte het ongelooflik gelyk in haar Elbeth Gillis rok en vintage haarstyl. Charlie en Loumar het so baie hegte vriende so die troue kon nie anders as om ‘n groot makietie te gewees het nie. Geniet hierdie eerste ‘post’ van die nuwe jaar!

Service providers:

Dress: Elbeth Gillis

Bride’s shoes: Aldo

Stationery: Nelia Pieters – nooievents

Hair & Make-up: Joleta Keane

Bridesmaids hair: Tessa Viljoen

Decor: Bride and family

Flowers: Elmarie Bredell – El le fleur (Elmarie is really, truly amazing!)

Bridesmaid dresses: Tania van Wyk (021 551 5110)

Music: Johan Oberholzer (Nostalgie musiek)

Vocalist: Danelle de Vries

Cake: Rina-Marie van Velden (The Tin Bakery Mamamacs – 023 313 4338)

Toppers for cake and cupcakes: Hettie Smit (Sophia’s Cakery – 021 913 1126)

Groom and Groom’s men styling: Rozanne Lazarus (Moi Styling – 082 557 4038)

Venue: Langverwagt, Kuilsriver (I hope someone books me at this venue soon. The light and the scenery is just breathtaking!)

Videographers: Riaan & Annalize Conradie

My assistant: Dankie Adél!

I would love to hear from you!

comments
  1. Marti | January 5, 2012

    Sjoe, ek het baie uitgesien na hierdie post en die foto’s is STUNNING!! Dit was ‘n heerlike troue by ‘n baie mooi venue en die pragtige foto’s vertel die hele verhaal. En Charlie het pragtig gelyk!

  2. Charlotte | January 6, 2012

    Wow Nikki! die foto’s is sooooooo mooi – baie, baie dankie!!
    Nou kan ons die heeltyd die troudag oorhe deur daarna te kyk :)
    Sien uit om die res ook te sien.
    L&C xxx

  3. Heather Steyn | January 6, 2012

    Ooooh Nikki jy maak my so opgewonde!! Ek neem ‘n troue in oktober daar af en jou fotos is SO mooi!! Daardie koek is iets baie spesiaal. Fotos is so mooi van hulle in die tuin met die sagte blare.

  4. CHANE* | January 6, 2012

    WOW die fotos is STUNNING!!!

  5. Cheryl McEwan | January 6, 2012

    Flippen mooi as always Nikki! such a gorgeous setting and beautiful first post for 2012 xx

  6. Kobus Tollig` | January 6, 2012

    Stunning werk well done

  7. verie | January 6, 2012

    Nikki die foto’s is so mooi. Pragtige bruidspaar en strooimeisies! Dit was ‘n baie lekker troue!

  8. Marike | January 6, 2012

    wow wow wow! hoe stunning is hierdie fotos nie! love dit! Charlie, jy was soooo ongelooflik pragtig! en jul liefde vir mekaar straal op elke foto! Nikki, well done met die fun fotos! en jy het die ambiance v d venue perfek vasgevang! wat n B.T.FUL troue!

  9. Monica Dart | January 6, 2012

    You’re on fire Nikki! tres chic wedding!xxx

  10. Michael Beil | January 6, 2012

    I just love your pictures :-)

  11. nikki | January 9, 2012

    dit is DIE COOLSTE koek!!!

  12. nastassja harvey | January 9, 2012

    so pragtig en so romanties nix! love die fotos onder die groen bome met die warme lig, baaaaaaie mooi!

  13. Taryn Ward | January 11, 2012

    So so sooo mooi Nikki!!

  14. elmarie el le fleur | January 11, 2012

    Charlotte, dit was net ‘n plesier om jou blomme te doen, jy was ‘n pragtige bruid en jy en loumar gaan baie geseend en gelukkig wees

  15. Adel | January 12, 2012

    Wat ‘n goeie begin tot die nuwe jaar is hierdie post van Charlotte en Loumar se troue darem nie?! Skitterende werk soos altyd Nix! Mag 2012 net die beste vir jou in stoor hê!

  16. Hannalee | January 16, 2012

    Pragtig, Nikki! Jy bly maar tops!



Nikki Meyer © 2012 Copyright