Lara & Hendré | 6 Maart 2010 | La Colline, Port Elizabeth

Ek weet nie eers waar om te begin nie…hierdie was een van my lekkerste troues nóg! Vrydag 5 Maart het ek en Kappie PE toe gevlieg en toe ontmoet ek sommer vir Lara & Hendré die aand vir die eerste keer daar op die lughawe. Ek het dadelik geweet dat hierdie troue asemrowend en baie opwindend gaan wees. Die Saterdag was dit toe ons en die GPS (wat ‘n wonderlike uitvindsel!)…aangesien ek P.E van geen kant af ken nie! Eers het ons gestop by La Colline om die dekor af te neem – ek was gek oor die vintage kombinasie van roomkleurige en sagte pers rose, kant, kristalle en die wit sjokolade koek (mmm..). Ek was uit my nate toe ek aankom by die gastehuis waar Lara reggemaak het! Dit was die een visuele fees op die volgende…die lig was perfek vir foto’s – sag en romanties en Lara se rromantiese, eenskouer rok het soos n handskoen gepas aan die fyn meisietjie met die helder blou oë en sagte blonde hare. Marietjie Hurter (Lara se ma se tweeling sussie) het soos gewoonlik getoor met haar grimeer kwassies. Die gastehuis het die perfekte palet gebied vir Lara se kleurskema en vintage tema. Die volgende stop was die klip katedraaltjie in Sentraal PE – ek is mal oor ‘n ou klip kerkie soos hierdie, dit het net dadelik soveel karakter! Lara het ook in styl gearriveer in ‘n ou kar wat later briljant gewerk het teen die helder kleurige huisies (wat so baie herinner aan een van my gunstelinge plekke in die Kaap – die Bo Kaap). Daar is darem min dinge so treffend in ‘n foto as vrolike kleure saam met ‘n vrolike, treffende paartjie. Lara en Hendré is sulke gemaklike, spontane mense en hulle het die fotosessie so baie geniet dat ek nie wou ophou fotos neem nie! Ek het later vir Kappie gesê dat dit nie eers vir een oomblik uitputtend was nie omdat hulle so baie van hulle eie energie in die foto’s gesit het – ‘n resep wat nie kan misluk nie! Ons het die helder mure van Sentraal PE (die plek leef en beef van ou huisies, interessante winkeltjies, teksture en ongelooflike argitektuur – ek is so bly ek kon dit eerstehands beleef!) toe verruil vir die agtergrond van sagte grys lug, roomkleurige duine en grys-blou water by Sardinia Baai. Van hier af was dit toe terug La Colline toe vir ‘n onvergeetlike aand van smul-lekker kos, heerlike musiek en die samesyn van familie en vriende. Lara en Hendré, dit was ‘n absolute fees om deel te kon wees van julle troue, dankie ook vir julle gasvryheid ons het so welkom gevoel! Hoop julle geniet die kiekies!

Venue: La Colline

Bruid se rok: Elizabeth Stockenström

Make-up: Marietjie Hurter

lara_1lara_2lara_4Lara kan so lekker lag!
lara_4

lara_4
lara_4Haar rok was ongelooflik netjies gemaak met die aller mooiste detail:
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4

lara_61
lara_4Hendré het oorgeloop van vreugde toe hy Lara sien..
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4

lara_33
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4

lara_451
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4

lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_4
lara_57
lara_4

I would love to hear from you!

comments
  1. marti | March 16, 2010

    MAL oor die foto’s, van begin tot end! Die bruid lyk pragtig en die kleurvolle huise maak ‘n stunning backdrop!

  2. Sean Kelland | March 16, 2010

    Wow, these photo’s are really amazing!!! incredible work!!

  3. Lara & Hendre | March 16, 2010

    Hi Nikki, vanuit ‘n warm Mauritius!! Jou fotos is amazing…wow!!!!!!

  4. Ronette Bryce | March 16, 2010

    Stralende bruidjie, stunning rok, out of this world fotos Nikki! Jy het die X-tra faktor! xx

  5. carlien de kock | March 16, 2010

    laaaaaaaaars, suster ek weet nie wat om te se nie. asemrowend mooi. ek hoop daai mcdonalds customers&kollegas sien jou nou ;) en dan elsie schmodel. sooo pragtig! alles van die beste vir jou en manlief! XX

  6. Iza Cloete | March 17, 2010

    oooee Pragtige fotos! Ek is mal oor die “baai”. Ons vlieg juis Vrydag PE toe vir ‘n troue. Riekster raak skoon nostalgies as hy na die fotos in sentraal kyk. Ek dink natuurlik dis die mooiste stad! met die heel Cheapste ontbytplekkies. R13 vir ‘n full English breakfast by “angelo’s” . Oo die goeie ou PE! Baie mooi NIkki!

  7. Marinda Scholtz | March 17, 2010

    Nikki, jou fotos is AMAZING!!! Jy het die manier om emosies en oomblikke vas te vang!! Jy het ook ‘n wondelike oog vir detail. Jou sagte beligting gee net soveel atmosfeer………… WOW!!
    En ek moet se as jy “nie meer lus” is vir fotografie nie, kan jy maar ‘n skrywer ook raak! Die stukkies wat jy van elke troue skryf is so besonders en maak die fotos so persoonlik. xxx

  8. Michelle Hugo | March 17, 2010

    Lara… dis ongeloooflike mooi FOTO’s .. en jy lyk STUNNING!!!! mag julle ‘n great tydtjie he! Liefde, michelle

  9. Marcel | March 17, 2010

    Wow Lara! Jy het ongelooflik gelyk! DIe mooiste bruid ooit! Die foto’s is AMAZING!!!!! xxx

  10. Leandi | March 17, 2010

    oe die fotos is pragtig! Nikki jy is amazing! Lara…sjoe beelskoon, awesome troue:)

  11. Pieter Pienaar | March 17, 2010

    Jislaaik Lara – ongelooflike foto’s. Alles van die beste vir julle!

    Pieter

  12. nastassja harvey | March 17, 2010

    ahhh nikkers! soooooooooo pragtig!! mal oor al die vibrant kleure en die bruid lyk ongelooflik! :) smitten oor jou werk ;)

  13. Annie | March 17, 2010

    AWESOME pics!! Julle lyk stunning!

  14. Ellena van Tonder | March 17, 2010

    Stunning!!! My gunsteling foto is die een van bo waar sy by die trappe afstap. Mal oor al die verskillende angles. Daar is soveel variteit, incredible shoot!

  15. Carna van Baalen | March 17, 2010

    Lara, jy het STUNNING gelyk! En die fotos is amazing!

  16. rebecca (Love Made Visible) | March 17, 2010

    Love love LOVE these! Absolutely gorgeous Nik! The black and white shot of the bride in the doorway is a winner! Love all the portraits of the bride! Love them all! xx

  17. Elrika | March 19, 2010

    Nik! Jy hou net nooit op om te amaze nie. Great fotos die!! xx

  18. Merrill | March 19, 2010

    WOW! These photos are just STUNNING! I’m in awe!

  19. Ma Helena | March 23, 2010

    Mens se kinders bly maar die MOOISTE goed wat die liewe Vader geskape het. Pragtige fotos – nes hulle is.

  20. Rene Mc Leod | March 24, 2010

    Hi Nikki I was Lara and Henre coordinator. I absolutely love your pics. Lara is such a beautiful bride :)

  21. Magda Botha | March 29, 2010

    ONGELOOFLIKE foto’s – en ook dit wat jy geskryf het, Nikki! Jy het PRESIES weergegee hoe Hendré en Lara se persoonlikhede is … deur die foto’s, asook jou ‘inleiding’. Ons het die troue ook so ervaar – heerlik gesellig! En ELKE foto straal dit uit. Julle kan GERUS inskryf vir ‘n kompetisie – die kombinasie van Hendré/Lara/Nikki is ‘n WENNER!!!!!

  22. Pingback: Nikki Meyer Photography » Coffee table book layouts

  23. LINDA GERBER | October 13, 2010

    Nikki, al wat ek kan se is dat geen troue kan ‘n flop wees as jy die foto’s neem nie, jy het dit net. Jou idees is fantasties en baie kreatief. Baie geluk.

  24. Pingback: Nikki Meyer Photography » Hendré & Lara (Trash the dress!)



Nikki Meyer © 2012 Copyright