Canell en Kobus is twee sulke spesiale mense en dit was vir my fantasties om te kon deel wees van hul ongelooflike troue. Canell en haar broer Andries het in die straat agter ons gebly en was my boetie se twee beste vriende van klein tyd af. Wat ek alte goed kon onthou van Canell is dat geen kattekwaad of tydverdryf te ‘seunserig’ vir haar was nie, as daar klei lat of kettie geskiet is, was sy daar! Sy was nog altyd pragtig, maar op haar troudag moes ek die trane terug veg, want o jitte sy het gestraal! Sy was die ene vroulikheid in haar rok vol kralewerk en net, afgerond met die fraaiste balletskoentjies! Dan, niemand kan stry dat sy die ongelooflikste oë en mooiste glimlag het nie! Kobus en Canell bring die beste in mekaar na vore, hulle is beste pêls, is mal oor avontuur en is duidelik smoor verlief. Dit was ‘n fees om hulle te kon afneem (sien ook hulle verlowingsfoto’s in die Bo-Kaap en Waterfront ) – die vreugde en energie borrel behoorlik na vore. Die onthaal het na ‘n sprokiestuin gelyk en soos altyd was die buffet by Nooitgedacht ‘n feesmaal. Ek hoop julle geniet hierdie fotos net soveel soos wat ek geniet het om dit te neem!
Dress designer: Amanda Aitchison
Hair: Jeanette Genis
Make-up: Algria Ferreira
Décor & Flowers: Royal Blu – Gerrit Snyman
Videographers: FJS (I love working with these guys!)
Cake: Liesel from Nooitgedacht























































O jitte, ek kan nie ophou kyk na hierdie ABSOLUTE STUNNING foto’s nie!! En Canell, jy lyk beeldskoon (van jou kroontjie tot jou toontjie!) en Kobus baie aantreklik!
INCREDIBLE! x
Nikki as hierdie my troufoto’s was sou ek die gelukkigste meisie op aarde gewees het! SUPER super! Canell & Kobus julle lyk fantasties & dis verseker daai Jesus liefde wat uit julle straal!
Wow Nikkers! Love love love die laaste foto!
WOW! Ek het skoon hoendervleis…regtig PRAGTIGE fodies!
sjoe
Ek’t my boetie nognooit so gelukkig gesien nie,dankie dat jy die twee se liefde vir mekaar so mooi kon uitbeeld. Ekt nou lekker getjank. Jou foto’s is stunning, sal jou eendag bel as ek eendag my deksel vind. x
Love die heel laaste foto en die swart en wit ene waar hy haar teen die boom soen. Soveel emosie in hierdie foto’s. Well done Nix!
WOW Nikki! Beautiful! Ek het ook by Nooitgedacht getrou en hierdie foto’s bring soveel goeie herinnering terug…
Wow – wow – wow!!! Elke liewe foto is prentjie mooi! Nikki jy is briljant! Als lyk soos ‘n feetjie storie…en Canell is die feetjie!
Nikki! Dit is baie mooi! En nou kan ek regtig nie meer wag tot Oktober nie! x
WOW! Die laaste foto kan verseker beskryf word as ‘n “show stopper”, definitief my gunsteling!! Nikki, jy het jou weer uitstekend van jou taak gekwyt, well done! Aan Kobus en Canell, mag julle ‘n amazing journey saam beleef! Julle is ‘n stunning couple, moet dit nooit vergeet nie!
pragtig my twee maaikies! soos julle kan sien: dankie vir awesome lekker troue! lief vir julle xxx
Nikki, baie baie geluk met `n ONGELOOFLIKE stel fotos, eks absoluut MAL daaroor! Canelle jou oë skitter sommer, dit is ontsettend mooi, julle lyk na `n pragtige couple!
Mooiste foto,s!
ongelooflike fotograaf!! Ek is ELKE keer verstom! amazing pics nikkers!! x
Die fotos is ongelooflik mooi! *
Nikki, jou fotos is net NOG mooier elke keer as ek kyk. Lyk na amazing couple… alles BEAUTIFUL!
Ongelooflike mooi couple, ongelooflike mooi fotos!!!!!!
Op die oomblik het ek twee “treats” in die lewe…Behalwe nou om elke 2de dag vir my ‘n stuk drop met daai pienk in die middel te koop (my “treat” aan myself na ‘n dol dag in Gr. 1 met 28 6/7-jariges), is dit my weeklikse “treat” om na jou nuutste foto’s te kyk, Nikki. Ek wens daar was meer Saterdae in ‘n week sodat daar meer foto’s kon opkom. Hierdie foto’s is weereens ongelooflik mooi. Well done! Ek sien baie uit na Niel en Mache se troue more in Robertson.
so so beautiful. I love it
WOW- Canelle, wat ‘n dag en welgedaan aan Nikki wat jul wese so mooi vasgevang en verewig het vir ons almal om te geniet- Uitstekend!
Baie mooi foto’s. Hou so aan jy doen wonderlike werk.
stem saam, laaste foto is pragtig!!!
What an awesome wedding! Everything is just perfect, LOVE it!