Jolanda & Mario (E-shoot)

September 2014 Stellenbosch

Jolanda en Mario trou November dié jaar in Riebeek Kasteel en het mekaar op Vredendal ontmoet. Die dag van hulle verlowingsfotosessie het ek hulle die eerste keer ontmoet en dit het my dadelik opgeval hoe perfek die twee vir mekaar is. Die vriendelike Jolanda wat ek net oor e-pos leer ken het, is toe net so vriendelik en absoluut beeldskoon in lewende lywe! Ek moet tog ‘n deeltjie wat sy oor hulle geskryf het met julle deel:

Ek is waarlik geseënd en besef nou eers hoé; dat ek daardie een mens in hierdie wêreld gekry het wat my laat voel asof ‘n leeftyd saam met hom te min gaan wees. Wow, how great is our God. Dankie Abba Vader!.. Ons is al 10 jaar bymekaar. Skool liefde, het jong liefde en later ewige liefde geword. Ons het die vêr van mekaar swot dae & jare oorleef. Al ‘n paar sakke sout saam opgeëet en nou sien ons uit na ons nuwe avontuur. Struikelblokke sal daar wees, maar met ons oë op God en die liefde vir mekaar is ons reg vir ons huweliksskool. Ek beskou die platteland as die beste ding wat met my kon gebeur het, want hier het ek my trou man ontmoet, my maatjie…

“Where you go I will go, and where you stay I will stay. Your people will be my people and your God my God.” Ruth 1:16

 

 

nikkimeyer_001 nikkimeyer_002 nikkimeyer_003 nikkimeyer_004 nikkimeyer_005 nikkimeyer_006 nikkimeyer_007 nikkimeyer_008 nikkimeyer_009 nikkimeyer_010 nikkimeyer_011 nikkimeyer_012 nikkimeyer_013 nikkimeyer_014 nikkimeyer_015 nikkimeyer_016 nikkimeyer_017 nikkimeyer_018 nikkimeyer_019 nikkimeyer_020 nikkimeyer_021 nikkimeyer_022 nikkimeyer_023 nikkimeyer_024 nikkimeyer_025 nikkimeyer_026 nikkimeyer_027 nikkimeyer_028 nikkimeyer_029 nikkimeyer_030

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. Marti says:

    Die foto’s is pragtig!

  2. tania says:

    Shoe pragtige foto’s, hoop julle is net so gelukkig verder soos wat die foto’s die storie vertel

  3. Jolanda Louw says:

    Baie dankie, Nikki!
    Die fotos is ongelooflik mooi. Kan nou nie wag vir die troue s’n nie.

    Mario love dit!
    Mooi bly xxx

  4. Stephné says:

    Ag my word! Waar Jolanda haar bevind, sprankel dit en lewe dit! Jolanda, jy is pragtig! Sien sooo baie uit na julle huweliksfees oor ‘n bietjie meer as ‘n maand. Knap gedaan, Nikki! Die troufoto’s sal beslis ‘n kom-kyk affêre wees. Blessings!

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments