John & Zelda

7 Augustus 2010 Kampsbaai

Ek is so opgewonde oor hierdie troue! Ek is nogal ‘n detail mens en by hierdie troue is niks oorgesien nie. Kyk net bietjie na die volgende: Zelda se parmantige skoentjies, haar lieflike ruiker, haar en John se klere , John se sakhorlosie, die dekor detail ens, ens. Is Zelda nie een van die mooiste, oulikste bruide wat julle al gesien het nie?! Ek het ‘n ruk terug hul verlowingsfotos in Kalkbaai geneem en die unieke dinamika tussen hierdie twee het my dadelik opgeval. Die eerste fotosessie was ‘n goeie ysbreker en op hul troudag het hierdie oulike paartjie behoorlik gestraal en dit wys op die foto’s. Dit was ‘n mistige dag in Kampsbaai en die lig het sag tussen deur die bome geval by die reservaat langs die huis waar meeste van die couple fotos geneem is. Die troue is by John se ouers se huis in Kalkbaai gehou. Die seremonie het op die stoep plaasgevind met ‘n uitsig oor die see tussen deur die mistigheid en daarna het die 35 gaste aangesit by ‘n feesmaal binneshuis. John se ma moet geloof word vir haar kreatiwiteit – sy het die dekor en blomme bymekaar gesit – ek was gaande oor die fyn eenvoud van Zelda se ruiker en die aardse kleure en teksture op die tafels. John se suster het die lieflike troukoek geskep met die heerlikste kase. Hoop julle geniet die foto’s en as jy ‘n bruid is behoort jy baie inspirasie hier te kry!

/

English summary: I am so excited about this wedding! I must say I am a detail person and at this wedding there was plenty detail to feast the eyes on. The following details really caught my eye: 1) Zelda’s cute vintage cream leather shoes 2) Her soft, delicate bouquet 3) Her dress and his vintage suit 4) John’s pocket watch with their wedding date engraved on it and 5) the rustic table setting with fresh, loosely arranged flowers. The wedding was held at John’s parents’ house in the beautiful Camp’s Bay and the couple photos were taken in the reserve area next to the house. The ceremony took place on the stoep area after which the 35 guests enjoyed a sumptuous Mediterranean buffet indoors. John’s mom should be acknowledged for all the work she put into the flower and decor arrangements – I was crazy about the blushing bride flowers in Zelda’s bouquet as well as the rustic colours and textures for the table setting. Hope you enjoy these pics and if you are a bride you are sure to find some inspiration here!

Service providers:

Guest house where bride got dressed: Leeuwenvoet, Tamboerskloof

Dress shop; Lunar

Make-up & hair: Melissa van Zyl

Catering: Spoonfed

zelda_1
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_51
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2

zelda_2

zelda_2

zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2
zelda_2

zelda_2

zelda_2

zelda_2

zelda_2
zelda_2
zelda_2

zelda_2

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. Anli Wahl says:

    Dis is ASEMROWEND mooi, Nikki!! WOW!

  2. stunning foto daar waar haar pappa haar soen, dis pragtig!

  3. Hannalee says:

    Sjoe, dis ongelooflik mooi, Nikki! Stunning. Ek kan verstaan dat jy so opgewonde was oor die troue, dit is nou wraggies picture perfect! Well done on capturing the mood and sophistication.

  4. verskriklik mooi nix! wow…. al die details is regtig ongelooflik mooi en als werk so perfek saam! love die colour palette en die bruid is so dierbaar! die fotos… soos altyd, amazing nix! x

  5. Sjoe dit is soooo mooi!!

  6. Stunning fotos!!! En net so stunning bruid. Shoe sy is so mooi! Well done Nikki. Ek love dit!

  7. Hanneke says:

    Shoe, ma sy was ‘n mooi bruid en weereens Nikki, wragtig pragtig x ( jou website is my tydverdryf as dit stil is by die werk:) )

  8. Pa Marius says:

    Hulle is pragtig, baie dankie vir jou opgewondenheid en komplimente. Jou werk is werklik besonders!!

  9. very well done nikki, dit is verskriklik mooi!! as my dogtertjie gebore is, sal ek graag wil he dat jy foto’s van ons gesinnetjie moet neem*

  10. Marti says:

    Sjoe, wat ‘n lieflike troue….die bruid is pragtig en ek is mal oor die dekor en detail. Nikki, die foto’s is ABSOLUUT STUNNING!!!

  11. Pragtig Nikki, soos altyd! Die bruid straal behoorlik! Lyk asof dit omtrent ‘n feestelike troue was. Die atmosfeer is so mooi vasgevang. Kan nie wag vir jou volgende troue se foto’s nie!

  12. LIZANNE HIGGS says:

    Jou fotos is besonders!! Wow!!

  13. rebecca says:

    WOW WEE!!! Sooooo amazing Niks! I am speechless…

  14. mooi mooi mooi! Ek love die couple se styl! Jy het dit baie mooi vasgevang :)

  15. Adene says:

    Lyk asof die troue ‘n fees was. Jou fotos is soos altyd asemrowend mooi!

  16. Verie says:

    Ongelooflik! Mooiste bruidspaar! Die decor en al die detail is so mooi en stylvol.

  17. Wow jy lyk soos “n movie star al moet ek nou self se! Jy maak so mooi bruid en julle as “n paartjie! so spesiaal… enjoy every minute girl!
    was great om deel daarvan te wees

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments