Oe, hierdie was nou ‘n lekker troue! Die hele dag was ‘n fees vir die oog – van die bruid (Elrika het behoorlik gestraal!), die blomme & dekor, reg deur tot die uitspattige lekkergoed tafel (enige kind en grootmens se droom!). Elrika, wat medies swot op Tygerberg,het vir maande lank elke detailtjie haarfyn beplan, en sy (en almal wat betrokke was) kan so trots wees op die eindresultaat. Die dag het soos ‘n sprokie ontvou en alles het plaasgevind op die beeldskone Molenvliet gronde omvou deur reuse berge en sagte groen wingerde. Elrika en haar funky, energieke gevolg het in die gastehuis reggemaak waar die opwinding hoog geloop het voordat hulle in styl gearriveer het by die bedouin tent waar John-bert met groot afwagting vir sy bruid gewag het. Aangesien die bruidspaar gebore en getoë in Namibië is, was daar ‘n hele trek van die noorde om hierdie opwindende dag met hulle te kon deel en reg deur die dag was dit duidelik dat almal hulle gate uit geniet het! Vir sommige van julle mag hierdie oulike paartjie dalk bekend lyk, ek het laasjaar hulle verlowingsfoto’s in Kaapstad geneem en dit was groot pret, hulle troue was selfs meer opwindend en ek is baie bly dat ek hierin kon deel. Hoop julle geniet die kiekies!
Service providers:
Venue: Molenvliet
Dress: Elizabeth Stockentröm
Hair: Lisa Louw Make-up: Jani: 083 461 2261
Stationery: Adam and Eve weddings
Flowers & Décor: Mint & Magnolia
Vidoegrapher: Crosstover (Chris)
Catering: Pink Salt
























































Wow Nikki, dis baie mooi fotos. Elrika jy het beeldskoon gelyk!!! Julle couple fotos is amazing! Mag die Here julle huwelik ryklik seën voorentoe.
THE AWESOME FOURSOME DID IT AGAIN!!!!!!!!!!! BAIE MOOI TROUE. BAIE MOOI FOTOS.
Sjoe, Nikki die foto’s is BEAUTIFUL!! Mal oor die groot een by die lekkergoedtafel!
BAIE baie baie mooi Nikki, wel done!!!
Riekie jy kyk stunning!!!
John-Bert, Elrika jul is ‘n pragtige paartjie. Alles lyk feestelik en fotos baie mooi
John-Bert en Elrika, julle lyk ongelooflik mooi en gelukkig – kon sien julle het julle gate uit geniet! Mag julle gesiggies na baie jare saam steeds so straal – julle het darem nou mooi kiekies om julle aan hierdie spesiale dag te herinner! Lief vir julle! Geniet elke oomblik!
Nikkers, jy’t jou weer goed van jou taak gekwyt – ek is mal oor die eerste foto, en dan die swart en wit een waar Elrika onder deur die sluier loer. Internet vandag stadig, so sal later die ander kyk! Wel gedaan, dis prentjie-mooi!
Elrika en JB jul foto’s is pragtig! Goeie herinneringe! Nikki het die atmosfeer perfek vasgevang!
Baie, baie geluk Elrika en John-Bert!
Jul lyk stunning op die kiekies!
Wens jul net als van die beste toe!
Oe.. ek ♥ nr. 43 en 44! Dis baie mooi foto’s Nikki!
O-N-G-E-L-O-O-F-L-I-K MOOI!!
Raak sommer heel emosioneel as ons na die fotos kyk. Wat n onvergeetlike dag!! Baie dankie aan almal en veral baie dankie Nikki dat jy en Adel ons herinneringe so awesome vasgevang het. We love it!! Kan nie wag om die res te sien nie.xxxx
John-Bert & Elrika,
Dit was een van die lekkerste en mooiste huwelike wat ek nog bygewoon het. Als was perfek. Baie dankie dit was vir ons ‘n baie spesiale geleentheid om by te woon. Die fotos is awesome mooi.
BEAUUUUUUUUUUU-TI-FULL!!!!
Nikki die foto’s is ongelooflik!!! Well done!! Elrika en John-Bert mag julle altyd so gelukkig soos op die foto’s wees! Dit was wonderlik gewees om met julle te kon werk-julle is great!! Die landgoed en venue lyk net nog mooier deur jou lens!
John-Bert en Erika, baaaaaie geluk met jul huwelik! Mag die Here julle ryklik seën in die jare wat kom. Julle het so pragtig gelyk! die hele troue lyk soos ‘n feë verhaal… onthou net, … and they lived happily ever after…. kom nie vanself nie… dis harde werk!!! lovies Tannie Julie