Janine en Johann se lewensvreugde is aansteeklik! Janine was saam met my in die koshuis en groot was my opgewondenheid toe sy my bespreek vir hulle troue in Desember vanjaar. Johann is die perfekte pasmaat vir Janine – ewe borrelend en gemaklik. Janine se familie het 'n boot wat vasgemeer lê in Gordon's Baai se hawetjie – baie kilogramme se vis is al van hom af gevang! Die boot, hawe en see was die perfekte agtergrond vir hierdie 2 kleurvolle mense. Die dag kon ook nie meer perfek gewees het nie – na 'n paar yskoue Wintersdae het die wolke weggetrek, die wind het gaan lê en die sonsondergang was soos smeltende botter in die agtergrond (enige fotograaf se droom :-). Geniet hom!
p://www.nikkimeyer.co.za/wp-content/uploads/2012/08/016.jpg”>
Pragtige foto’s Nikki! Mal oor almal van hulle!
Ek is MAL hieroor! Maar dink nie mens kan lelike fotos neem van twee sulke pragtige mense nie!!! Kan nie wag vir die troue nie!
Sjoe, mal oor hierdie post – ALMAL is pragtig!
Nikki, ek LOVE hierdie foto’s! Janine en Johann lag so lekker :D
SUPER mooi soos altyd Nikki!!! So kleurvol en spontaan en stunning couple!!