Jan & Liezel

10 Desember 2011 Mofam River Lodge, Elgin

Jan en Liezel se troue was nou regtig prentjieboek mooi – ‘n ongelooflike ‘setting’, baie interessante dekor en natuurlike ‘n baie aantreklike bruidspaar. Hulle mag dalk vir julle bekend lyk – hulle het vroeër vanjaar saam met hulle ewe oulike golden retriever, Knox, op die verlowingsfotos gepryk. Daar is vele dinge om te kan uitsonder van hierdie mooi troue, om maar net ‘n paar te noem: Ek was mal oor al die persoonlike ‘touches’ soos die ou hoedetas vir die seremonie/konfetti blaadjies en die ou familie troufotos; Liezel se romantiese haarstyl (Iza Cloete se handewerk); die uitsig oor die berge en die sagte manier waarop die twee na mekaar kyk. Geniet hierdie laaste ‘post’ van die jaar!

Service providers:

Dress: Elizabeth Stockenström 

Hair & Make-up: Iza Cloete

Stationery: Liezel’s talented mom

Décor & flowers: 4 Every Event (Lorraine du Toit)

Bridesmaid dresses: Karin – 021 854 3598

Cake: Tanya Pohl

Groom’s suit: Carducci

DJ: Sound Print

Videographer: De Wet and Bennie from Sweefilm

My assistant: Dankie Adél Venter!

l


 

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. Martie says:

    Sjoe,die foto’s is absoluut pragtig! – veral ‘n paar ongelooflike mooies by die couple foto’s

  2. verie says:

    Nikki die foto’s is ongelooflik mooi! Ek is mal oor die decor en die mooi couple!

  3. Nikki, it is always a pleasure looking at your images! You are such an inspiration! Your photos are so alive and beautiful! :) This is just too gorgeous! Love & hugs <3

  4. pc benadé says:

    baie mooi fotos! ek is mal oor die eenvoud van als. eenvoudig. mooi. betekenisvol.

  5. Adel says:

    Nikki, jou werk is beeldskoon en asemrowend! Ek’s spesifiek mal oor die bruidspaar se foto’s, veral van hulle in die veld met die dreigende wolke in die agtergrond! Uitstekende werk!

  6. Louise says:

    wow elke foto !! Ek het nie woorde om te beskryf hoe mooi dit is nie… love die fotos in die veld, regtig soos ‘n “fairytale” !

  7. Jeannine says:

    OK!!!! Hierdie een vat die koek. Stunning. Pragtige couple, pragtige dekor en ongelooflike mooi foto’s. Goeie manier om die jaar af te sluit.

  8. Sjoe, Liezel, jy het pragtig gelyk! Mal oor jou tafels en dekor, regtig mooi. En jou hare en make-up het net so mooi gelyk. Lyk asof dit ‘n baie spesiale dag was :-) Nikki, jy het jouself weereens oortref, die foto’s is soooooo mooi! Geluk met ‘n baie goeie en geseënde jaar!

  9. nikki meyer fotografie jou werk is ongelooflik! SO mal oor die couple fotos en die antique warme editing, dis gorgeous! en wow, wat ‘n stunning troue!

  10. Jani B says:

    O genade maar die laaste shot is ‘n beaut!!!

  11. Merrill says:

    Stunning, Stunning, Stunning! What a beautiful wedding and you captured it brilliantly Nikki! I love your style!

  12. Liezel says:

    Nikki, ek en Jan is mal oor ons foto’s. Jy is regtig amazing. Ek dink my ma het nou al haar hele internet cap gebruik soos sy elke dag foto’s kyk :) Happy 2012 vir jou!

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments