Ilze & David
Ilze en Dave se troue was my laaste een van 2009 en wat ‘n hoogtepunt om op te eindig! Met dié dat die vakansie tussen-in was, weet ek hulle wag nou al lank in afwagting vir hierdie foto’s - ek hoop dit was die wag die moeite werd! Ilze en David is onafskeidbaar van vroeg al op universiteit. Ek was bevoorreg om hulle 6 jaar gelede te kon ontmoet en ek het baie uitgesien om eerstehands hulle troudag te kon beleef. Die hele dag was ‘n sprokie soos min. Dit het begin met die tuinrose in allerhande skakerings van pienk vir die dekor en is voortgesit in Ilze se beautiful rok (die kant het sy spesiaal gebring van Korea waar sy en David onderwys gegee het), sagte grimering en bouquet. Ek was ook gek oor haar sagte pienk skoene wat sy van Korea af huis toe gebring het. Die seremonie was ook op ‘n ligte trant en duiwe is vrygelaat toe Ilze en David by die kerk uitkom. Die gaste het ook geweet dat daar ‘n groot makietie op hulle wag toe die bruidspaar die dansvloer open deur eers meel op die vloer te strooi. Hierdie troue was nou ‘n behoorlike bruilofsfees van familie en vriende en mens kon sien dat hierdie stunning couple elke oomblik geniet!
Dress: Ilse Roux
Make-up: Merlene Engelbrecht
Bride’s bouquet: Leipzig

















Die foto’s is absoluut STUNNING!! en die bruid het sooo mooi gelyk!
Stunning Nikki!
Mielie, jy & Dave lyk BEAUTIFUL:)
Foto’s is Pragtig! Ons het wragtig Lekker Bruilof gehou!
Stunning!!
kan jy asb vir my se wie die make-up gedoen het?
Nikki well done, dit is pragtige fotos! Ilze jy lyk ongelooflik mooi en julle twee straal, wat `n stunning troue!!
ek is sooooo crazy oor jou werk nikkers! dit is altyd vol liefde en kleur!
love love love love love dit! x
Dis amazing foto’s!!! regtig!!! hoe lank vooruit vat jy bookings??;-)
Absoluut stunning, ek kyk elke dag 3-4 keer daarna!!! Nikki, ons foto’s is ongelooflik!!! So baie baie dankie!!! Jy het die dag perfek ge-capture, voel deur na ons foto’s te kyk steeds die vibe van die dag! *
Love your work nikki. beautiful
Nikki, these photo’s are absolutely stunning!