Die heel jaar dink ek al aan die Beaufort Wes troue en op die 4de Desember het Henno en Louise se groot dag toe uiteindelik aangebreek! Ek en Adél het die lang N1 aangedruf die Vrydag voor die troue en is met soveel warmte begroet to ons die aand by Louise se ouers se wildsplaas net buite Beaufort Wes aankom. Die stilte van die plaas was so terapeuties, maar Saterdag was dit als behalwe stil! Ongeveer 200 gaste het al die pad gekom om te kom deel in die feesvieringe. Louise se ouers en hulle span het heel jaar gewerk om die groot plaasstoor te omskep in ‘n droom venue en dit was elke uur se werk die moeite werd! Die saal was getooi in proteas, wit en sagte groen. Louise en Henno het by gastehuise naby aan mekaar reggemaak en toe kon ek sommer ‘n paar fotos van Henno ook vooraf neem. Henno en Louise lyk asof hulle gebore is om voor die kamera te wees en hulle het soveel energie in die fotos gesit (julle sal sien hier onder!) wat my werk natuurlik baie makliker gemaak het! Henno se pa het die diens gelei en Louise moes keer op keer haar trane van blydskap wegvee – ek geniet dit altyd so om soveel emosie te sien! Na die seremonie het ons ‘n klompie fotos by al die interessante plekkies in Beaufort Wes geneem en toe gaan ons terug plaas toe waar groot oop vlaktes en die sagte, warm karoo son op ons gewag het. Alles omtrent hierdie troue was ongelooflik – die ligging (‘n karooplaas is darem maar enig in sy soort), ‘n sprankelende bruid en bruidegom, baie jolige gaste, klomp interessante detail en die aller heerlikste spyskaart! Ek hoop julle geniet hierdie heerlike een net voor die vakansie!
/
Diensverskaffers:
Rok: Robyn Roberts
Skryfbehoeftes: Marius de Vries
Hare: & Grimering: Elma Emmenis
Décor & flowers: Groot spanpoging saam met Marius de Vries
Strooimeisie rokkies: Jenny Button
Koek: Laetitia Ferreira
Trou koordineerder: Marietjie Viviers (Louise se ma)
Assistent: Dankie Dél!!







Henno se broer se cute seuntjie:













Adél het hierdie foto geneem net toe Louise voor die kerk stop!


Henno se uitdrukkings toe hy vir Louise sien:

















Louise en Henno kan lekker snaaks wees en kyk net hoe pose hulle hier!
















Die venue lê soos ‘n oase in die verte:







Hierdie is beautiful Nikki!!! xxx
Ja, die Karoo is vir seker enig in sy soort en ek is seker die hele land bid ernstig dat die katastrofiese droogte daar nou gou gebreek word. En die foto’s is nou werklik absoluut BEAUTIFUL in Beaufort Wes!
Stunning soos altyd!!! Love daardie karoo Vlaktes…
Jy mag maar foto’s neem Nikki!!!
Stunning.
looooooove these! Such a light-hearted and fun feel to them! I especially love the holding hands shots on the dirt road, just incase you’ve forgotten.. you’re a rock start photographer Nix! xxx
Nix, dis regtig besonderse foto’s! Jy het jou weer uitstekend van jou taak gekwyt! Jy het die paartjie opreg en eerlik vasgevang, asook hul prettige troue! Wat ‘n fees was dit nie!:-) Die Karoo is super!
henno & louise, julle fotos is pragtig! dankie vir ‘n baie lekker troue – julle is ‘n beautiful couple! *
wow dit is werklik baie mooi gedoen
Nikkie, hierdie is pragtig!! WELL DONE! Jy het die atmosfeer van die dag en hierdie 2 se persoonlikheid so mooi vasgevang. Jy en Adel is 2 sulke pragtige mense en het jul ongelooflik goed van jul taak gekwyt. Dit is BEAUTIFUL in BEAUFORT-WES!!
stunning meisie…ek LOVE die woef foto…
looooove hierdies nix!!!
Marti en Joanie vat die woorde so uit my mond… Soos wat ek die foto’s sit en kyk het, het daar net een gedagte by my opgekom, en dit was BEAUTIFUL IN BEAUFORT-WES.
Mal oor die foto’s, veral die een voor die rooi garage-deur. Ag, eintlik is daar te veel mooi foto’s om net een uit te sonder. Love die windpomp-tafelname idee, die strooimeisies se rokkies, ens. ens. ens. Well done, Nikki en Adél (love jou honde-agter-op-die-bakkie-shot!)
al die gewag van die afgelope jaar was SO die moeite werd… Nikki, baie baie dankie dat jy my Boeta en Louise se droomdag so mooi vasgevang het… Dit was voorwaar die mooiste dag in Beaufort-Wes. Boeteka het homself oortref as trouvenue in die Karoo en ek dink toekomstige bruide kan maar gaan aanklop by hierdie oase in die veld!!!
sjoe ..henno – jy hou jou lyf lekker model-hotness!!!!!
beautiful werk Nikki – love love love jou backlight wat jy gebruik{super awesomeness}
x
Mooi Nikki, sommer lekker om fotos te kyk. Well Done. Moet sê dis min dat jy ‘n bruidegom kry wat die bruid opdraande gee met die ‘poses’. :)
Weereens Stunning Nikki, mooi bruid,mooi couple , mooi mense , mooi setting, mooi foto’s!X
Woweeee!! Een van die mooiste shoots wat ek nog gesien het – jy is amazing!
Aaah…ok ek sit en huil nou by die werk!!
Dit was n STUNNING troue!! Julle is pragtig!! xxx