Hendrik & Anel

22 Oktober 2011 Driehoek, Clanwilliam

Hendrik en Anel se plaastroue op Driehoek (Anel het hier groot geword) in Clanwilliam was ‘n plaastroue uit die boeke – ‘n groot stoor (deur haar pa gebou), baie gaste, die warm geel son wat oor die lande sak, heerlike geurige kos en dan natuurlik ‘n groot makietie! Daar waar Hendrik en Anel is, is blydskap en baie gelag. Hulle is so gemaklik en spontaan en duidelik ‘crazy’ oor mekaar! Ek was mal oor Anel se rok, die vrolike balonne, die bont kleure en dan elke hoek van Driehoek plaas (sjoe, wat ‘n voorreg om hier te kon groot word!). Vroeër vanjaar het ek hulle verlowingsfotos geneem by Gordon’s baai se hawetjie. Geniet!

 

Service providers:

Dress: Griet de Villiers

Stationery: Ingrid Visser

Hair: Tronelle Bester

Make-up: Alida Stone and Helanie Niewoudt

Décor and flowers: Deon le Roux

Bridesmaid dresses: Griet de Villiers (072 430 6938)

Videographers: FJS 

Cake: Jaco Slabbert

Wedding coordinators: Deon le Roux & Retha Rix

Groom’s suit: Eurosuit

My assistant: Thank you Cheryl McEwan!

Sjoe, die mooiste oë!

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. Sume' says:

    My hart klop nou so vinnig, ek kan nie lekker asem haal nie !! Hendrik en Anel is bedoel vir mekaar, en Nikki, jou foto’s wys dit so mooi !! Dis so so stunning !!

  2. Nanette Smit says:

    WOW!!! Nig, jy lyk beeldskoon. Amazing foto’s!

  3. Marti says:

    pragtig! Mal oor die een waar hulle die balonne oor die koringland los – plaas bly bobaas!!

  4. mamma says:

    Ongelooflik mooi!!!! Ek raak sommer hartseer, wens ons kan die dag weer beleef in stadige aksie.Dit was ALLES die moeite werd.

  5. Marcel says:

    Julle 2…die pics is stunning! Daar is nie woorde nie.

  6. Lizanne says:

    Anellli….whoooooppp..dit was awesome en jyt pragtig gelyk soos net jy kan sussie!!Nikki baie dankie vir die mooi manier waarop jy hulle saam en die plaas vasgevang het!AWESOMENESS!!

  7. Amazing job Nikki, such a beautiful wedding was great to assist you thank you! the photos are so gorgeous and moments captured perfectly as always!!! xx

  8. Stephné says:

    Ek loooooove die ene waar die balonne losgelaat word, en die ene met die Clanwilliam dam in die agtergrond…Mooi! Mooi wêreld!

  9. Anel says:

    Sooooo baie dankie Nikki! Met n dag wat so vinnig verby jou vlieg is dit great om sulke fotos te he vir memories! Jys great

  10. Lize says:

    Anel en Hendrik se foto’s is fantasties, dalk omdat die omgewing bekend is aan my. Ek stem saam met Sumé dat die foto’s wys dat hulle twee bedoel is vir mekaar. Stunning!!

  11. Anneke says:

    WOW – Stunning. Heerlike troue met stunning mense! DANKIE julle twee!!

  12. Adene says:

    Pragtige bruid! En jy het sulke asemrowende fotos geneem!! Mal oor jou kleure!!

  13. die bruid het die oulikste, OULIKSTE glimlaggie:) these photo’s are so joyful…love it:) xxx

  14. Ina says:

    Bitterlike bitterlike mooi foto’s!!! Love dit!!!

  15. Andre says:

    A…sem…ro…wend !! Erg mooi fotos….lieflike paartjie….heeerlike fees! Uitstekend Nikki!

  16. Merlene Joy says:

    Absoluut beeldskoon! Veels geluk Anel, en alles wat mooi is op jul huwelikspaatjie vorentoe!

  17. Lo-Mari says:

    Die koring lande fotos is stunning. Nikks jy’t jouself weer oortref!

  18. dis sooo mooi niksie! die fotos in die wheat field is gorgeous! :)

  19. Anina says:

    Die fotos in die koringveld is beautiful! Love die roomys idee!

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments