Francois & Melissa

20 April 2013 De Uijlenes, Gansbaai

Waar begin ek?! My oulike broer, Francois, en sy mooiste, oulikste bruid, Melissa, het op die 20ste April by de Uijlenes net buite Gansbaai getrou. Alles was net perfek – ons was geseënd met die heerlikste weer; Melissa se talentvolle ma, Cindy (en haar helpers – Debbie, Pop en Pirow), het die onthaal area omtower in ‘n sprokie van kristal en blomme; ek en my ma (wat ook by tye koördineerder moes speel) het al die skryfbehoeftes aangepak; Melissa het soos ‘n droom gelyk in haar meermin styl rok, pragtige (unieke!) bouquet en haar pragtige gesiggie het nog meer gestraal onder Sanmarie se kwassies! Nonnie in die kombuis het ‘n feesmaal van tuisgemaakte pasta en lamskenkel op getower wat almal nog lank gaan onthou. Die gaste het verseker nie ‘n gebrek aan energie gehad nie en die dansvloer was heerlik groot. Die vure het gesellig buite gebrand. Die seremonie is buite onder die bome gehou. Francois en Melissa het besluit om meeste van hul foto’s voor af te neem en dit werk wonderlik – die gaste wag baie korter plus die bruidspaar kan lekker gesels en lag nadat hulle mekaar vir die eerste keer gesien het. Melissa het aangetrek in my ouers se Strandhuis (bietjie meer as 3 jaar terug het ek ook hier gereed gemaak vir my en Kappie se troue). Ek kan ook nou aanhou hoe oulik die tweetjies bymekaar pas en watter pragtige prentjie hulle maak, maar julle moet maar self loer. Geniet dié spesiale een!

Service providers

Venue: De Uijlenes

Décor & Flowers: Cindy (Flowers Euphoria)

Hair & Make-up: Sanmarie

Bouquet: Susanne Strydom

Stationery: Nikki and Martie (my mom and I)

Dress: Johann Jooste

Wedding Cake: Chadé Laudien (The Whale Tail Studio, Yzerfontein)

Dessert table: Debbie de Goede

Bridesmaid dresses: Susanne Strydom

MC: Hanno Louw

Videographer: Jacques Burger from Guava Graphics

My assistant: Thank you Mariska!!

 

My super amazing assistant, Mariska Muller took all of these following reception shots so that I could relax :-) Thank you so much!!

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. verie says:

    Nikki die foto’s is so mooi – soos net jy dit kan doen! Die pragtige décor, mooi couple , lekker kos en die ambiance van die okkasie is wonderlik saamgevat! Ek is mal oor die hawetonele

  2. Nikki, hierdie foto’s slaan sommer my asem weg! Jy het ons dag perfek vasgevang soos net jy kan, jy is baie talentvol! Baie dankie!!

  3. estelle says:

    Wat ‘n wonderlike verhaal vertel die fotos van ‘n heerlike troue en pragtige bruidspaar.Nikki,well done,die fotos is stunnig en ek is so bly om te sien die hawe het die besonderse agtergrond verskaf wat ek gedink het.Beautiful!!!

  4. Marti says:

    Sjoe, Nikki, die foto’s is net so pragtig as wat ek gedink het en nog mooier! Melissa lyk so mooi en stralend en Francois baie handsome! Die pragtige dekor lyk so mooi teen die rustic agtergrond en die ‘forest chapel ‘ was regtig besonders, die lig daar ook pragtig en dan natuurlik die couple foto’ teen die agtergrond van die mooi hawetjie en pragtige lig en ook die laatmiddag lig tussen die fynbos

  5. Pragtige Gelukkige fotos!
    Ek is mal oor die kleur van die see.

  6. Mariska says:

    Sjoe Nakki! Die foto’s het pragtig gekom!! Well done! xx

  7. Charlene says:

    Hoe spesiaal – Melissa se laggie is so mooi vasgevang – stralende paartjie – super mooi foto’s

  8. Adel says:

    Nikki, weereens besonderse mooi en talentvolle werk! Melissa was ‘n pragtige en stralende bruid en jou broer tog te handsome! Ek’s veral mal oor die konfetti en hawe foto’s. Baie geluk Melissa en Francois :)

  9. Liezel Kriel says:

    So spesiaal Nikki. Love dit as troue reel en mooi maak ‘n groot familie ding raak. Love daai hart ‘wreath’ teen die muur.

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments