Etienne & Annemi | 16 Maart 2012 | Nooitgedacht, Stellenbosch

Wat ‘n amazing en opwindende troue was die Nel – Louw bruilof nie! Etienne en sy broer Hanno was letterlik my eerste seuns maatjies, naas my broer. Ek ken hulle letterlik al van baba dae af! So alhoewel ek bietjie moes uitmis op die feesvieringe self was dit ‘n reuse voorreg en lekkerte om agter die kamera te kon wees. Die dag was propvol hoogtepunte regdeur vanaf die beeldskone Annemi se pre-seremonie fotos, Etienne se reaksie af in die paadjie toe hy vir Annemi sien en die jolige partytjie (met die ongelooflikste buffet!) later in die aand. Ek het na my asem gesnak toe ek Nooitgedacht aan die binnekant sien vir die dekor fotos – alles was so sag en vars, presies nes Annemi. Alhoewel die reën en wind op ‘n stadium lelik gedreig het, het die wolke oopgetrek toe ons met die couple foto’s begin en die sagste lig denkbaar het neergeskyn.. Geniet!

Service providers:

Décor: Royal Blu

Hair & Make-up: Sebastine Pepler

Dress: Elizabeth Stockenström

Wedding cake: Nelle Cakes

Wedding Car: Classic Cats

My assistant: ‘n Spesiale dank aan Pc Benadé wat my veral by die onthaal ongelooflik gehelp het!



Maats van baba – dae af: Francois, my broer, ek, Etienne en broer Hanno, Louise en broer Cobus

I would love to hear from you!

comments
  1. Marti | March 28, 2012

    Ek het baie uitgesien na hierdie post en sjoe, is dit nou nie die aller STUNNINGSTE foto’s nie!! – van die sprokiesagtige dekor, Annemi se pragtige portrette (beeldskone bruid!) die aandoenlike seremonie (oulike bruidegom!), die pragtige couple foto’s tot by die heerlike partytjie! WOW, Nikki!

  2. ESTELLE MALAN | March 28, 2012

    Nikki,absoluut wonderlike fotografie!!!Wat ‘n fees om daarna te kyk en weer hierdie heerlike troue te geniet.Annemie en Etienne se fotos is pragtig en Nikki,jy het die wonderlike atmosfeer van die troue baie ,baie goed vasgevang.Well done girl!!

  3. Pam Mayne | March 29, 2012

    Fabulous photographs of a fantastic couple! It was a pleasure working with you.

  4. Mariska | March 29, 2012

    Nikki!!! Dis bitterlik mooi! Ek is mal oor foto 039! :)

  5. Adel | March 29, 2012

    Ek het self baie uitgesien na die foto’s … en WOW, Nikki jy’t jouself oortref!! Asemrowende foto’s van begin tot einde en wat ‘n mooi bruidspaar is dit nie! Ek’s mal oor al die foto’s :) Geluk Annemi en Etienne, mag julle ‘n leeftyd se liefde en geluk beleef!!

  6. Lauren Kim Photograp | March 29, 2012

    Your work is amazing!!!

  7. Jani B | March 29, 2012

    Dis so-so mooi!

  8. Lize Bredell | March 29, 2012

    WOW! Pragtige foto’s Nikki! Annemi, jy het asemrowend gelyk :-) So ‘n happy couple!

  9. André van der Veen | March 29, 2012

    Ek’s mal oor die manier hoe jy die fotos altyd voorafgaan met ‘n storie wat hartsnare roer, dis ‘n gawe – dit en jou fotografie!

  10. Hanlie | March 29, 2012

    Ek kyk al weer! Nikki jy kan rerig met die kamera toor.Die fotos is
    prentjie mooi.Ou Boutie jy het darem sowaar vir jou ma die
    mooiste dogter ooit huis toe gebring!!

  11. melléta | March 29, 2012

    Die foto’s vang die magic van die dag vas. Kan daar ‘n bruid met meer betowerende oë wees?

  12. Louis | March 29, 2012

    Ek het mos gese daar is niks mooier as n bruid op haar troudag nie en dit gaan moeilik wees om Annemi te oortref! Fantastiese fotos Nikki, veral daardie fotos by die dam toe die son uit gekom het….absoluut Stunning!

  13. verie | March 29, 2012

    Nikki die foto’s is so mooi – en om nie eers van die bruidspaar te praat nie. Annemie het so pragtig gelyk en die blomme en venue was net ongelooflik !

  14. Lo-Mari | March 30, 2012

    Love Annemi se trourok!! Pragtige dekor en die fotos is so-so mooi. Baie mooi troue!

  15. venette | March 30, 2012

    Wow, Wow, Wow! Soos gewoonlik weer ***** 5 ster foto’s!! Ek het sommer lus om weer te trou!! :)

  16. Esme Engelbrecht | March 31, 2012

    Mooiste bruid!!!1 Nikki, jy bly maar die beste van al die fotograwe, moet nooit ophou werk nie!!

  17. Louise | March 31, 2012

    Sjoe Nikki, fantastiese mooi fotos! Jy het die dag so goed vasgevang – die pragtige bruidspaartjie, die mooi seremonie, die verruklike dekor en die lekker partytjie! Uitstekende werk soos altyd! xxx

  18. Tania Steenkamp | April 3, 2012

    Nikki,

    Die foto’s is Stuning. Ek ken glad nie die paartjie nie.
    Ek wil net vir jou dankie sê dat jy Etienne se emosies vasgelê het op kamera to Annemie die padjie af gestap het. Dit is SOOO Spesiaal. My man het op my troue 6 maande terug ook nie die trane kon keer nie toe ek ingekom het nie.

    Ek dink nie daar is iets meer spesiaal as ‘n man wat sy emosies kan betoon nie.

    Ek wens die pragtige pasgetroude paartjie alles wat mooi is toe vir die nuwe reis saam

  19. Kim Brandt | April 4, 2012

    Ongelookflik! Die pic van die bruidegom is priceless! Nog nooit so ‘n wonderlike reaksie gesien nie. Ook nice om die Meyer clan te sien : )

  20. Freddie en Helena | April 6, 2012

    Pragtige foto’s en ‘n heeeerlike troue!!!

  21. Juné Joubert | April 10, 2012

    Nikki! Altyd welgedaan!! die fotos is pragtig! Annemi, ek is so bly vir julle – julle is mooiste paartjie (: jou troudag was STUNNING <3

  22. Pingback: Annemi got married!!

  23. Frans | April 12, 2012

    wow stunning Nikki – was lekker om weer saam met jou werk.

  24. Kathy | June 28, 2012

    Absolutely beautiful Nikki!



Nikki Meyer © 2013 Copyright