Elzette & Niël | 21 November 2009 | Kleinevalleij, Wellington

Elzette & Niël het mekaar die eerste keer gesien op die trappe van die SA Gemeente in Londen en toe langs mekaar beland in die kerkbanke. Niël het dadelik geweet dat hierdie fyn donkerkop sy toekomstige vroutjie gaan wees, maar Elzette het nog bietjie oorreding gekort voor sy besef het dat hierdie 'tall, dark & handsome' man presies weet hoe om met haar hartsnare te tokkel en dat sy met hom aan haar kant vir die ganse wêreld kans sien! Hulle mooi storie is finaal geseel op 'n lieflike (en baie warm!) dag in die Paarl. Ek was mal oor al die kleiner details by hierdie troue, soos Elzette se oorbelle, skoene en turqoise sonbril! Die dekor was ook vars en romanties met vintage touches soos die pêrel krale in die klokglase. Haar rok het haar soos 'n handskoen gepas en ek was mal oor die tikkie Spaanse flair daarvan. Niël het ook baie netjies gelyk in sy duifgrys pak. Volgens Elzette is Niël die grappige een en sy die meer perfeksionistiese, ernstige een, maar een ding was vir my seker – hierdie twee weet hoe om die beste uit mekaar te bring en hoe om baie saam te lag!

en_01en_02en_03en_04win men

eyer.co.za/wp-content/uploads/2009/12/en_05.jpg” alt=”en_05″ width=”818″ height=”1647″ />en_06en_07en_08en_091
en_10en_11en_121en_13en_14en_15en_16

zp8497586rq

I would love to hear from you!

comments
  1. marti | December 1, 2009

    Hierdie foto’s is almal so pragtig dat dit moeilik is om uit te sonder, well done Nikki! (maar ek hou erg baie van die voete tussen die jakarandabloeisels, en sommer ‘n hele paar ander ook!)

  2. Kat Forsyth | December 1, 2009

    I love this bride! She looks so over the moon happy in every single shot! You got some beautiful images as always, Nikki.

  3. Nadia V | December 2, 2009

    Wow, pragtige fotos! Hulle pas so mooi bymekaar. Nice venue.

  4. rebecca (Love Made Visible) | December 2, 2009

    This is one of your best weddings ever Nik!!!
    LOVE it! x x x

  5. Jani B | December 2, 2009

    MAL!!!! oor daai blou skoene….

  6. Adri | December 2, 2009

    Sjoe Nikkers. Ek love die post. Die een foto is so mooi soos die ander.

  7. Maudre | December 2, 2009

    Hierdie fotos is regtig waar stunning Nikki. Elzette en Niel julle het regtig pragtig gelyk en ons is baie bly julle het Kleinevalleij gekies. Nikki jy is regtig baie talentvol hoop om gou weer saam te werk.

  8. Charlotte H | December 3, 2009

    Nikki, jy raak net beter en beter en beter! WOW!!

  9. Adel | December 3, 2009

    Sjoe Nikki, dis definitief een van jou bestes! Die foto’s is uniek en kreatief! Weereens LOVE ek almal!*

  10. nastassja | December 4, 2009

    A-flippin-mazing Nikki!!

  11. Leonie | December 8, 2009

    Wow….ek is woordeloos… Wie sou nou kon dink dat die mooi swaan van Schoonmill net NOG mooier sou wees op haar troudag. Julle altwee!!! xxx

  12. Lelecia Kotze | December 10, 2009

    Beautiful troue…Love al die detail! Pragtig gelyk Elzette!!! Alles wat mooi en geseend is vir julle toekoms saam!

  13. lize jordaan | December 14, 2009

    Die pragtigste foto’s met die jakaranda blommetjies!!!!



Nikki Meyer © 2013 Copyright