Sindi & Dirk is die cuteste paartjie! Ek was nie beskikbaar vir hulle troue laasjaar nie maar gelukkig het ek die geleentheid gekry om ‘n ‘post-wedding’ shoot vir hulle te doen. Hulle is nou 6 maande getroud. Ek was gek oor Sindi se voorkoms – sy het so sag en modieus gelyk. Dié twee se prettige geaardhede het ons gelei na interessante plekkies – die roomys winkeltjie in Kerkstraat, die klein pleintjie oorkant dit en ook die kafee’tjie naby die Helshoogtepas. Die fotos is geneem die oggend van die openingswedstryd tussen Bafana en Mexiko so die vuvuzelas het geraas en vlae het orals gewapper, die hele dorp was in rep en roer! Dankie julle, dit was baie fun om saam met julle te kon werk!





















BEAUTIFUL!! (ook mal oor Sindi se uitrusting!)
Dis die mooiste fotos ooit!!!
sjoe sjoe sjoe nikkers! MAL oor haar outfit en MAL oor die sagte gevoel wat jy oordra in die shoot, soooo mooi! :)
Oulike fotos! (En Sindi het mooi bene).