Deon & Madeleine se sprokiestroue het plaasgevind op die lieflike Nooitgedacht plaas net buite Stellenbosch. Ek is nou maar eenmaal gek oor nostalgie en ouwêreldse sjarme en daarom was ek mal oor Madeleine se ‘look’ – sy het soos ‘n hedendaagse Victoriaanse dame gelyk met haar aardse kleur rok met kant en fyn handskoentjies en dan my gunsteling – die interessante ‘hooftooisel’-detail. Haar fyn turqoise skoentjies het die mooi prentjie afgerond. Die barok dekor en blomme was ook so chic en stylol – kristalle, spieels, silwer en pêrels het ‘n glinster gegooi oor die tafels. Die 5de Junie was ‘n vars wintersdag en ook die begin van ‘n wonderlike lewe saam vir Deon en Madeleine. Hulle vul mekaar so goed aan, is energiek en straal liefde vir mekaar. Een van die hoogtepunte van die dag was toe Madeleine (wat ‘n baie talentvolle ballerina is) en Deon se dogter Nadia, geklee in fyn rokkies, die ‘dansvloer’ betree en ‘n vertoning hou wat nie sommer vergeet sal word nie! Daar was groot opgewondenheid toe die bruid skielik in ‘n nuwe rokkie en baletskoene verskyn en mens kon sien hoe trots Deon (wat onbewus was van die verrassing) was. Die dag was ‘n behoorlike feesviering van familie, vriende en kinders en die dansvloer was nie vir een oomblik stil nie. Baie geluk julle twee en dankie dat julle my deel gemaak het van hierdie onvergeetlike spesiale dag!
English summary:
( Deon & Madeleine’s beautiful wedding took place at Nooitgedacht estate just outside Stellenbosch. I am besotted with anything nostalgic and old world charm and therefore I loved Madeleine’s look – she looked like a Victorian dame in her fine lacy gloves, headpiece and ivory coloured dress. The baroque décor and flowers were so chic and stylish – crystals, mirrors, silver and pearls reflected the soft light in the venue. The 5th of June was a perfect, fresh winter’s day and also the start of a wonderful new beginning for Deon and Madeleine. One of the highlights of the day was when Madeleine (who is a very talented ballerina) and Nadia (Deon’s daughter), entertained guests with their fine foot work! )
Hare: Antoinette at Hair works
Make-up: Claudette
Décor & Flowers: Royal Blu
Cake: Nooitgedacht
Stationery: the Wedding Lounge




































Nikki, Deon en Madeleine se fotos is wraggies fantasties! Jy is ‘n ware kunstenaar. Soos ons op hul troue vir jou gese het, jy doen regtig goeie werk – dit oortref selfs die PE fotos!!! Aan ons vriende – so bly vir julle, als was so mooi en die fotos vertel die regte storie. Liefde xx
Pragtige foto’s! Ek hou veral vreeslik baie van die 2 B&W’s van Madeleine net na die (ook pragtige!) foto van die hele onthaalarea
Sjoe Nikkie, jou fotografie is SO inspirerend. Ons het sulke fantastiese talent in SA! Ek is mal oor haar rok. Thanks for sharing!
STUNNING niks!!! LOOOOOOOOOVE jou werk! :D
WOW, soveel detail, soveel blydskap, met soveel liefde vas gevang en voorgele! GREAT JOB!
Hey!!
Dis ongelooflike foto’s Nikki!!Kan iemand dalk vir my se waar die lampskerms gehuur is…asb?
Die foto’s is net te pragtig vir woorde. Dit is soms moeilik om die gees en atmosfeer van so n geleentheid in fotos vas te vang, maar in die geval is dit 100% behaal!
Aan Deon en Madelaine, julle lyk pragtig en met fotos soos die sal die herhineringe altyd vars bly!
Pragtig Nikki! Jy skep ‘n sprankel in die foto’s!
Nikki I especially loved the photo’s on the railway tracks. Very different.