Christiaan en Leandri se troue was soos iets uit ‘n droom – die details, blomme, haar rok, die venue…alles so vintage en romanties! Ek kon myself nie terughou nie, so hier is baie fotos wat die storie vertel! Leandri en Christiaan is onopgesmuk, lief vir die natuur en ‘n besonderse aantreklike paartjie met baie goeie smaak. Ek was gaande oor Leandri se duifgrys rok met kant, haar bouquet het haar rok en voorkoms perfek gekomplimenteer en haar los hare het die droom prentjie afgerond. Die wind het op die 5de Februarie skaars die blaartjies geroer, dit was die mees perfekste dag en almal het buite onder die bome tuisgemaakte gemmerbier en roosterkoeke geniet en later die aand om die vure gekuier.
Geniet hierdie een!
Service providers:
Dress: Lunar (Karen van Morshuizen)
Décor & Flowers: Blomlief (marlizeblomlief@telkomsa.net)
Cake: Vanilla House
Make-up: Madri van Zyl
Hair: JC Castelyn
Bridesmaid dresses: Fox Foe (Australia)
Stationery: Bride & Groom DIY
There was a polaroid photo corner with props!

The small white dress in the background was Leandri’s christening dress


Wow Nikki, dis regtig ‘n pragtige troue!!! En jy het dit baie mooi uitgebeeld x
Nikki – love die pics, ek doen die 26ste Feb my eerste wedding by Beloftebos : kan nie wag nie, dit lyk na ‘n plek met pretty locations!Well captured and beautiful …. AS ALWAYS.x
Die Bus fotos en al die res :) :) :)
Sjoe, aarde, dit lyk na ‘n lieflike troue – dromerig! En die foto’s is absoluut STUNNING!!
Sjoe, dis baie mooi Nikki! Van hierdie foto’s het absoluut ‘n “magical” gevoel!
CommentPragtige werk Nikki.Die sagte kleure is stunning en jy het die atmosfeer van die troue wonderlik vasgevang.
Leandri, jy is ‘n pragtige bruid!
sjoe nix… jou fotos en die editing daarvan kon nie beter met hierdie troue gepas het nie.. dit lyk ongelooflik mooi en mens voel asof jy actaully daar was as jy net na hierdie stunning fotos kyk! mal oor die bruid se rok! :) x
‘n Stunning job Nikki, well done. Dit was ‘n ongelooflike lekker troue. Die atmosfeer was baie romaties en alles was net perfek.
Wow!!! Nikki jyt ‘n goeie job gedoen-jys jou sout werd!! Al die pad saam ouma gekom van Gauteng om in hierdie ongelooflike informele trou te kon deel. What a couple! Jy het die beste uitgebring.
you both look so happy – and you are a totally gorgeous bride. congratulations leandri. love rosemary
Dit is die mooiste foto’s, mooiste paartjie, al moet ek dit self se as die ma van die bruidegom. Dankie Nikki jyt wonderlike “memories ” van ‘n droom troue vasgevang.
WOW! Stunning foto’s Niki! Leandri, jy’t asemrowend mooi gelyk! x
Wow wow wow!! ‘n regte Feetjies troue! Baie baie mooi foto’s Christiaan & Leandri!!! Pas sooo mooi by wat ek vir L3 sou voorstel – met kop bandjie en al en in die bos en alles wat daarmee saamgaan!! Mag julle bAIE geseend wees in julle reis saam vorentoe! x
BEAUTIFUL, soos altyd!!!
Stunning bruid, decor en mooiste foto’s!
Asemrowend. Dit was baie pragtig.
Alles wat mooi is vir die toekoms.
Comment
BEAUTIFUL, love it!
Stunning rok, en great couple, sooo bly vir julle! Geneit elke oomblik. Nikki = great fotos!!!!
Wow! Die fotos is asemrowend!!
Een van my gunsteling troues. So mooi, en die foto’s is great!
StuNNinG verby!!! Dit voel asof ek by die troue was as ek so na die fotos kyk. Het skoon n smile op my gesig!
Weereens: STUNNING! x