Charl & Lizel

9 Oktober 2010 Jongensfontein

Lizel is oorspronklik van Port Elizabeth en Charl van Riversdal, deesdae woon die tweetjies in Londen. Dit was ‘n maklike keuse om hul droomdag op ‘n familieplaas in Jongensfontein te hou (12km na Stilbaai). Die onthaal is gehou in ‘n marques tent wat uit gekyk het oor die hele Jongensfontein – prentjie mooi (sien 2de foto) – ek kan swaarlik aan ‘n beter ligging vir ‘n trou ‘venue’ dink! Lizel het baie moeite gedoen met die fyner beplanning van hul mooi dag en ek was gaande oor die eindresultaat – glasbotteltjies, houtkassies en vars blomme het rond en bont gestaan en alles vrolik laat lyk. Ek was veral mal oor die gaste-naamkaartjies wat ook as tafellys gedien het. Die wind het ‘n bietjie ekstra drama gegee aan die fotos, maar ten minste was die 9de Oktober ‘n vars blou dag soos wat net ‘n kusdorpie as geskenk kan gee! Gaste het van oral oor gekom en oud en jonk het elke minuut van die dag geniet (veral op die dansvloer!). Baie geluk Lizel en Charl, mag julle vir altyd soveel liefde uitstraal vir mekaar soos op jul troudag!

Rok: Susan Ellis

Stationery: Event & Design

Hair & Make-up: Lizel herself

Cake: Elja Visser

lizel_1lizel_2

lizel_3

lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3

lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3

lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_40
lizel_3
lizel_3
lizel_3

lizel_3
lizel_3
lizel_3

lizel_3

lizel_39

lizel_3
lizel_3
lizel_3
lizel_38
lizel_37

lizel_3

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. Marti says:

    Pragtige foto’s – hou veral van die persoonlike detail en pretensieloosheid en eenvoudige skoonheid van die dekor, die skoen-foto, die close-up van hulle tussen die veldblommetjies en die een waar die dogtertjies so lekker dans!

  2. Dis bitter mooi natuurlike fotos! Mens kan sommer sien dit was wonderlik!

  3. Judy says:

    Pragtige fotos!

  4. Elize says:

    Die fotos pas baie mooi by die paartjie…. ONGELOOFLIK!!! xxx

  5. Dan says:

    Net een woord… Amazing!!!!

  6. Rochelle says:

    STUNNING!!!!

  7. Deidre says:

    O MY WORD!!! Dit is fantasties! Wat ‘n wonderlike manier om jou spesiale dag mee te onthou!

  8. schantel says:

    Dit is ongelooflik mooi Nikki, ek is mal oor jou werk!

  9. Baie geluk Charl en Lizel, Oom Dif en Tannie Felicite. Die foto’s is so MOOI!!!
    Groete Corne en Lizl Pieterse

  10. mariette says:

    pragtag Nikki! die dogertjies wat dans is een van my gunsteling!

  11. loooooove die shoe shot en die decor shots, so mooi nix! x

  12. LZ says:

    Wow Nikki! Daai skoen-foto… AMAZING!&laaste foto ook, ag eintlik almal, hierdie couple kan met reg baie trots wees op hierdie pragtige stel fotos!

  13. Heidi says:

    Wow….. what a beautiful, intimate, romantic wedding! I am so sorry to have missed it. And I wish you both a happy, sunny, long road ahead!
    Love,
    Heidi

  14. Rianda says:

    Die foto’s is pragtig!!
    So bly ons kon die spesiale dag saam met julle deel.

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments