Ben & Jumarie

16 Oktober 2010 La Vierge, Hermanus

Jumarie en Ben is twee sulke liewe mense. Albei het al met die swaar in die lewe kennis gemaak maar tussen die trane deur was die 16de Oktober een groot bruilofsfees gevul met baie gelag en vreugde! Dit was duidelik dat hierdie twee mense al baie se lewens aangeraak het en hul baie vriende getuig van hierdie opregte vriendskap wat hulle aan ander bied. Die onthaal was by die pragtige La Vierge restaurant in die hartjie van die Hemel en Aarde Vallei en die fotos is geneem by die ‘ou’ hawe en ‘n strandjie in Voëlklip. Ek was baie opgewonde toe ek die roomys karretjie sien en dit het so ‘n vrolike agtergrond gemaak vir twee sulke oulike mense. Die vintage kar wat die paartjie rondkarwy het, het ook sy eie storie (as ek reg onthou is een van die ouerpare in dieselfde kar rondgery tydens hul troudag!) Ek was ook gek oor al die vrolike kleure van die veldblomme op die tafels en Jumarie se rok van franse kant. Ek was ook mal oor die teksture van die rotse, klipmuur en ankers by die hawe. Ben boer met tafeldruiwe in Kakamas en dit is ook waar die tweetjies nou gaan vestig. Hoop julle geniet die fotos!

Venue: La Vierge

Dress: Elizabeth Stockenström

Flowers & décor: Manda Fick

Make-up: Marguerite Vermaak

jumerie_110
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2

jumerie_45
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2

jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2
jumerie_2

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. Marti says:

    Baie mooi foto’s! – hou veral baie van al die ‘sepias’, die een waar hulle tussen die boot ankers sit, is my gunsteling! Ek dink die bruid het ‘n pragtige rok aan wat haar besonder mooi pas!

  2. Whow! Wat ‘n lekker laataand verrassing is dit nou nie?! Jums, jy het PRAGTIG gelyk! En my favourite fotograaf het jou spesiale dag SOOOO pragtig vasgevang! Ek het 11 jaar terug in Holland au pair en Jumarie het my opgevolg. Ons het ‘n week of 3 oorvleuel en het vet pret gehad in Vogelenzangseweg 32. Onthou jy nog die lekker spekulaas wat ons by die hokkie afsluiting in Bloemendaal geëet het? Sjoe, jou rok is stunning, ek love die kleur! En Nikki, tien uit tien soos altyd!

  3. Botha says:

    Wat ‘n great dag! Ons is regtig bly ons kon dit saam met julle deel. Geniet die jong getroude lewe. Dis baie lekker. Sien julle binnekort!

  4. Nelda says:

    Die roomys trokkie is my gunsteling!

  5. LZ says:

    Sjoe, wat `n stunning rok, love die kleur vd kant!&eks MAL oor die troukar!

  6. so stunning soos altyd! love die laaste foto, so mooi! x

  7. Liezl says:

    Jumarie – O my genade – die fotos is ongelooflik, jy het absoluut asemrowend gelyk en jy en Ben lyk so pragtig saam! Roomys trokkie definitief ook een van my gunstelinge!

  8. marlein says:

    Geweldig fabulous!!

  9. Madre says:

    Dit was AWESOME! Julle lyk hotness!!! =)

  10. Samuelle says:

    Hi Ben en Jumerie!

    Van harte gefeliciteerd!!!
    Je zien er prachtig uit. je hebben echt hele mooie foto s van de bruiloft.

    Heel veel geluk samen!

    groetjes,

    Samuelle

  11. maree says:

    mmm, so mooi, soos altyd. veral gek oor die hawe fotos!

  12. Willem en Stefanie says:

    Baie geluk Ben en Jumarie. Julle het pragtig gelyk. Jammer ons kon dit nie maak nie, sal een of ander tyd vir julle kom kuier, sodra ons klaar gepak is.

    Groete.

    W&S

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments