Ek sien nie elke dag ‘n klein babatjie nie, maar wanneer jy enetjie kan afneem dan staan jy in verwondering met hoe perfek en klein alles is en die totale afhanklikheid waarmee so ‘n klein mensie moet leef, dit is seker die grootste wonder van die lewe! Baba Gemma is die gelukkige baba van twee pragtige ouers Almeri en Thys. Al is Gemma nog net ‘n paar wekies oud, het sy partykeer stip na die lens gekyk en gelyk of sy wil-wil glimlag. Sy het nie eenkeer begin huil nie – ‘n ware model baba!












Pêrels is Gemma se geboortesteen..







Cute!

Baie mooi fotos, sy is pragtig Almeri!
Die foto’s is regtig ongelooflik mooi!!!
Dit is ‘n pragtige foto’s van die hele gesin en Gemma was defnitief die ster van die dag. Sy lyk opvreetbaar oulik en mooi. Moeilik om te glo sy is slegs 6 weke oud!
Well done!
Ag, dis dierbaar! Pragtige foto’s, Nikki!
Sommer al klein, klein ‘n stêrretjie. Baie goeie foto’s Nikki.
Almeri en Thys, julle is ‘n pragtige gesinnetjie! Die foto’s is ongelooflik, sy is adorable!!! Ek verlang sommer nou baie na julle.. Kalahari liefde x
Pragtige fotos v `n pragtige kleinding! Ek dink Gemma is baie fotogenies!
Wens so dat die tegnologie jare terug ook beskikbaar was, dit is ongelooflike mooi foto’s en sulke trotse ouers – Sy is pragtig en mag sy vir jul nog baie vreugde verskaf, maar julle sal haar hier in die Boland moet kom grootmaak. Liefde hier uit die Paarl
sjoe nix! hoe maak jy my nou so broeis! die fotos is so pragtig…so sag net soos klein gemma :) te oulik!
These photos stir something within that I’ve never felt before … Nikki you have a magical talent of capturing that special essence. We were honoured to have your take our wedding photos, and you will definitely get a booking as soon as we fall pregnant! Much love, Amy & James
Nikki, dis nou net te pragtig vir woorde! Kyk net hoe klein is daai handjies!