Arnos & Minette

1 Junie 2013 Stellenrust, Stellenbosch

Die 1ste Junie was bitter koud en reënerig, maar niks kon die entoesiasme en uitbundige vreugde van Arnos (“Arnos” is Johan se bynaam en kom van die naam van die Namibiese dorpie waar hy groot geword het – Aranos) en sy beeldskone bruid, Minette, se troudag keer nie. Boonop was ons so geseënd toe die swaer reën vir “n volle uur gestop het tydens die fotosessie. Die berge en lug was spesiaal “n ekstra diep blou. Die oulike bruidspaar woon op die oomblik in Frankryk waar Arnos professioneel rugby speel. Terwyl Arnos die rugby velde plat hardloop geniet Minette haarself gate uit deur daar in die Franse platteland veral eg Suid-Afrikaanse resepte te maak soos koeksisters en melktert – enige man se droom! Die tweetjes het ontmoet toe Minette in Matriek was en Arnos by die WP rugby akademie. “n Gemeenskaplike vriend het die twee aan mekaar voorgestel en die res was geskiedenis! Die troudag self was een groot fees en alles van Minette se pragtige rok, wat haar soos “n handskoen gepas het, tot die interessante koek was alles haarfyn beplan daar uit Frankryk. Die twee maak die mooiste prentje en hul liefde is so eg – “n fees om te kon afneem!

Baie geluk julle twee, geniet die foto”s!

Service providers:

Dress: Couture Nuptiale (Paris, France)

Hair & Make-up: Alicia Buckle

Décor & Flowers: To-netts

Bridesmaid dresses: DH Gate

Videographer: Kobus Potgieter

Wedding Cake: Edible Art Cakes

Groom”s suit: NT (France)


casino giochi con limiti prefissati, la puntata massima o il rilancio che un giocatore può fare nella prima e seconda tornata di puntate è pari all’importo del limite inferiore del tavolo (per es. wp-image-14337″ title=”_014″ src=”http://www.nikkimeyer.co.za/wp-content/uploads/2013/06/0141.jpg” alt=”” width=”875″ height=”657″ />

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. Marti says:

    Sjoe, die foto’s is pragtig! Mal oor die swart en wit (veral bruidsportrette)) en die rooi kleure werk so goed op die grou dag!

  2. Mariska says:

    Hierdie is die mooiste foto’s Nakki! Die blou van die lug was darem maar net so ongelooflik mooi!

  3. Louis says:

    Ongelooflik, as ek geweet het wat ek nou weet het jy vir my troue al die pad na Bloem toe gekom!

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments