Annette en Louwrens het hul historiese dag saam met 220 gaste gevier by Kronenburg, net buite Paarl. Dit was nou vir jou ‘n feestelike geleentheid soos min! Ek was gaande oor hulle dekor daar was net genoeg van alles sodat dit nie oordadig was nie, maar steeds uiters deftig en smaakvol. Annette het klassiek en sag gelyk in haar Audrey Hepburn – geïnspireerde rok, dit het haar soos ‘n handskoen gepas! Annette se pa het die diens gelei wat die seremonie ekstra spesiaal gemaak het. Daarna is ons weg om die couple en hul gevolg se foto’s te neem. Ek het lanklaas so ‘n spontane klomp bymekaar gesien, almal was meer as bereid tot deelname en het gelyk of hulle hulself gate uit geniet. Annette was ook een van die mees spontaanste bruide waarmee ek al gewerk het, sy het hierdie lieflike groot glimlag en liefde wat uit haar straal en net een kyk vir Louwrens en sy oë lag ook saam. Een van die verassings van die dag, was toe ons terugkeer na foto’s by Kronenburg en al 220 gaste sit netjies in die amfiteater gereed vir die groepfoto!
Annette en Louwrens, dankie dat ek hierdie wonderlike dag saam met julle kon deel en ek hoop julle geniet hierdie voorskou!














Ek is regtig regtig mal oor hierdie foto’s!
Sjoe, wat ‘n happy day en Nikker jy het het dit so mooi vasgevang!
En Annette, dit was so lekker om te sien ek ken die bruid! Jul het gestraal en net blessings vir jul huwelik!!!
***
OH MY WORD, Nikki! Dit is MOOISTE foto’s! Annette het geborrel van geluk! Julle het stunning gelyk, L & A!
sooooooooo stunning nikker, mal oor die pics! Annette het regtig die MOOISTE smile wat ek in ‘n lank tyd gesien het! Nikki, BAIE dankie dat ek die dag saam met jou kon spandeer! was super fun! :) x
Ahhhhhhhhhh pragtig Nikki! Was so n lekker troue en jy het dit perfek vasgevang!
Ah Annette, jy is SOOO oulik* Jy lyk pragtig en baie gelukkig x
Nikki, dit lyk stunning! Baie dankie weereens! Dankie dat julle ons troudag so spesiaal gemaak het! Geniet jul honeymoon.
Whow die fotos is ongelooflik mooi!! Julle straal behoorlik. Nikki ongelooflike fotos. Laat weet as jy grimeerkunstenaar nodig het.