Die Vrydagoggend voor Anneme en Hentas se troue, was ek nog op Mauritius vir my honeymoon, nietemin was ek baie opgewonde toe ek Saterdag by Kronenburg aankom want ek het geweet Anneme en alles by haar troue gaan beeldskoon wees, en ek was geensins teleurgesteld nie! Anneme het gelyk asof sy reg uit ‘n silwerdoek rolprent in die 1950′s gestap het – romanties, klassiek…’n ware godin in wit! En nie vir een oomblik het haar groot glimlag verdwyn nie, sy het behoorlik gestraal. Hentas se oë het ook geskitter toe hy sy bruid vol glimlagte aan haar pa se sy by die kerkpadjie sien afkom. Die seremonie wat in ‘n baie ligte luim afgespeel het, was baie spesiaal en die twee het gereeld na mekaar gedraai die ene opgewondenheid in hul gesigte. Ons was aanvanklik onseker waar ons die foto’s sou neem en toe ek en Adél vroeër die middag die Paarl binne ry, ry ons verby ‘n ou hotel en cuban restaurantjie teen die hoofstraat, dadelik kon ek die potensiaal van die ou lig blou deur en oranje muur sien – te danke aan Hentas se donker pak en Anneme se beeldskone swart hare, het hulle lekker gekontrasteer met die agtergrond. Die twee, wat albei dokters is, het duidelik die fotosessie geniet en was baie natuurlik! Die onthaal was ook besaai met ‘n gelag en ‘n gedans, voorwaar ‘n bruilofsfees!











































Awesome!!
Nikki Die fotos is mooier as wat ek in my wildste drome kon dink!!Jy het ‘n ongelooflike talent en ons is so bevooreg dat jy ons dag so fantasties mooi kon vasvang!!!Dankie dankie dankie!!!Moet NOOIT ophou fotos neem nie!!!
Nikki
I am speachless!!!!!!!! Thank you for making Anneme and Hentas day so special with these memories!!!!!!!
Andrietta
Beautiful Nikker!!
Sjoe, Nikki, hierdie foto’s is VERSKRIKLIK mooi!!
Stunning, Nikki! Jy’t dit reggekry om selfs vir my “half-decent” te laat lyk!
Annemé/Tassa – julle lyk pragtig!!!
Liewe Annemie en Hentas baie, baie geluk mag julle sommer baie gelukkig wees – Annemie jy het sooooooooo baie mooooooooi gelyk – absoluut stunning en so ook die res van die Grebe’s – baie geluk ook aan Almero en Andrietta met julle pragtige dogter se huwelik!!! Aan Nikkie Meyer fantasties!!
stunning stunning stunning nikki! en ek stem saam met anneme, MOET NOOIT OPHOU FOTOS NEEM NIE! :)
Die bruidspaar wat hulle fotos deur jou laat vasvang sal vir ewig dankbaar wees! Ongelooflik kreatief, emosioneel en al die kleure!!! Ek love it!
dis ongelooflik pragtig!!
Annemie en Hentas – dit was so ‘n voorreg om te deel in jul groot dag! Die fotos is pragtig!!!! en julle lyk fantasties!!!
Annemie, jou rok is baie besonders… en die polsruikers het toe gewerk. xxx
Nikki, jy’s ‘n fotograaf met ‘n magical touch! Jou fotos het ‘n kwaliteit van varsheid, emosie en eenheid wat uitstaande is! Ek ken baie fotograwe, hier en in SA, en jy is een van die BESTES! Wonderlike werk! xx
Wow!! Anneme jy lyk ongelooflik vriendin! stunning troue. Wel done Nikki!
dit is briljant!!!!!
baie dankie die fotos is besonders
ek het die mooiste bruid/vrou in die wereld!!!!!!