André & Marike

23 Oktober 2010 Kleinevalleij, Wellington

André en Marike se groot dag het plaasgevind by Kleinevalleij buite Wellington. Ek was mal oor die oorspronklikheid by hierdie troue. Eerstens was die dekor en skryfbehoeftes vars en geensins voorspelbaar nie – ek was mal oor die Boheemse gevoel van die warm kleure en interessante blomkeuses, die outydse keramiek blompotte, die ou silwer bakkies en die draadhoendertjies buite. Marike se rok het almal laat snak na hul asems – dit was afgewerk met kant en baie valle afgerond met die mooiste vintage blom in die hare. Marike is beeldskoon en haar natuurlike skoonheid het uitgestaan in haar onopgesmukte voorkoms. Daar was vele gelag by hierdie Hoffman – van der Linde troue: die kleine hofknapie en fyn blommemeisie het vir groot vermaak gesorg toe hulle blitsig afgekom het in die paadjie en later was die klein mannetjie baie huiwerig om die ringe te oorhandig totdat sy pappa hom ‘n hupstootjie gegee het. Nog ‘n hoogtepunt was toe André die garter moes afhaal en daarmee saam het die helfde van Marike se rok na die vloer gesak (natuurlik beplan!) en het sy haar plat skoentjies verruil vir regte dancing shoes – hiermee was die dansvloer behoorlik ingelyf en die gaste het hulle self gate uit geniet tot laat in die aand. Die paartjie se keuse van troukar was ook baie oorspronklik – ‘n donker rooi American truck! Albei is Bedryfsingenieurs en Marike wou hê dat ietsie van hul daaglikse lewe ook in die prentjie moes kom – dit is hoekom ‘n bottel coca cola en ‘n PPC sement sak ook die fotos gehaal het! Toe ons voor die troue ontmoet het, het Marike en André genoem dat hulle mal is oor alles vintage en veral die gevoel van ou polaroid fotos, met dit in gedagte het ek die verwerking van die fotos aangepak. Ek was mal oor die sagte lig en bos voorkoms van die area waar ons die fotos geneem het en die paartjie het perfek daarby ingepas. Hoop julle geniet al die  eye candy (en natuurlik ook al die mooi mense)!

Service providers:

Stationery: Diana Moss: Miss Moss

Decor & Flower: Retha Vorster

Skoene: Country Road

Rok: Elize van Miems designs

Hair & make-up: Emma Bruton

marike_1

marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2

marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2

marike_2Spot the bride!

marike_2

marike_2 marike_2
marike_2

Dié tweetjies het teen die spoed van lig in die paadjie afgekom:

marike_2

marike_2
marike_2

Dié outjie het bietjie hulp nodig gehad om die ringe aan te gee tot groot vermaak van die gaste!

marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2

Hierdie amusante lama karakter was baie nuuskierig oor die verwikkelinge aan die ander kant van die draad!
marike_2

marike_2 marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2

marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2
marike_2

I WOULD LOVE TO HEAR FROM YOU!

  1. ONGELOOFLIK MOOI!!! Nikki, jy het die dag so mooi vasgevang.

  2. Marti says:

    Sjoe, die foto’s is ONGELOOFLIK mooi: vars en interessante dekor-idees, ‘n pragtige bruid, heerlike informele vrolike shots en spot-on editing!

  3. rebecca says:

    Breathtaking! xxxx

  4. Charlotte says:

    B-E-A-U-TI-FUL!! Nikki, you never cease to amaze!!

  5. Joha says:

    Wow en WOW!! Marike is die PRAGTIGSTE bruid en Andre lyk darem ook vrek oulik in sy uitrusting! VREEEESLIKE mooi foto’s!!

  6. Anneke says:

    Pragtig verby!

  7. Marosane says:

    Wow Nikkie, dis pragtige foto’s hierdie. Mal daaroor!! =)

  8. woweeeee ek looooove haar rok en skoene!! so mooi!! stunning nix… so so so stunning! lyk asof dit ‘n super fun troue was! love veral die lama’tjie :)

  9. beautiful photos …….and the dress was absolutely beautiful ….loved the vintage feel of it …..and the way you have processed your images to emphasize the vintage style is excellent!

  10. Baie, baie mooi werk Nikki!!!Jy het die troue se atmosfeer wonderlik vasgevang.’n Pragtige bruidspaar!

  11. Liz-Marie says:

    Sjoe baie mooi!!!!

  12. Kate Steyn says:

    Absolutely unreal! Incredibly beautiful pictures of an incredible beatiful wedding and an incredibly special couple! What an AWESOME day it was!

  13. Nikki nou het jy al twee van ons kinders se troufotos geneem. Vreeslik dankie vir stunning memories!

  14. Verie says:

    Mooiste foto’s! Marike lyk ongelooflik mooi en moet nie van Andre vergeet nie! Ek is mal oor die dekor en mooi blomme

  15. Adel says:

    Wat ‘n prettige dag was dit nie! Asemrowende mooi foto’s, Nikki! En ‘n pragtige bruid, mal oor haar rok!

  16. Lize says:

    Stunning! Well done Nikki – hulle sal baie trots wees op die foto’s!

  17. Sume' says:

    Nikki, hierie foto’s is verby stunning !! Ek LOOOOVE die bruid se rok !!

  18. venette says:

    Nikki, dis amazing hoe jy die oomblikke vasvang! Die speelsgeit, die liefde en die feestelikheid- briljant!!

  19. Louis says:

    Hi Nikki, dit is seker van die mooiste en skerpste fotos wat jy nog geneem het. Ek is mal oor die foto van Andre en die 3 strooijonkers met die berg op die agtergrond!

  20. Ah Nix… LOOOOOVING these!!! LOVE the shot of groom and his groomsmen with the mtn behind them! What a stunning dress! You rocked this one out fo sho!

  21. nicky vd Linde says:

    Absoluut pragtig.

  22. mnr & mev Hoffmann says:

    genade, vreemd om omself so moi vasgevang te sien. Nikki, love dit, sooo lekker om nou oor en oor na die fotos te kyk en weer hoendervleis van voor af te kry! sien mal baie uit na die res! dankie vir jou besonderse talent!

  23. Lovely photos Nicky you are a great photographer

  24. mandy says:

    Nikki, your photos are always amazing, and that Dress it is the most beautiful wedding gown i have ever seen. It really is insanely stunning.. cant stop looking at it.

  25. Ninette says:

    Marike!!! Beautiful, beautiful pics! Nikki really captured the true you :))

  26. Lo-Mari says:

    Wow Nikki, weereens pragtige fotos van n pragtige troue. Love die trourok!! Nikki jy is so geseend met n wonderlike talent! Hou so aan…

  27. Hannalee says:

    Ai julle Kapenaars met julle stunning venues en landskap! Maak ons Gauteng fotograwe baie jaloers. Mal oor die detail en kleure van hierdie troue en die rok, ai so mooi! Pragtig soos altyd, Nikki!

  28. Eileen says:

    These are really beautiful images – I love the way you “see” and your editing of the mountains and sky – wow!! :)

  29. Marguerite says:

    WOW!

    Jy het so ‘n fantastiese job gedoen, NIkki!

    Marike het so amazing gelyk!

Please Post Your Comments & Reviews

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

comments