AD & Reza | 8 Oktober 2011 |

AD & Reza is te oulik vir woorde. Ek het laasjaar die voorreg gehad om hulle verlowingsfotos te kon neem en die 8ste Oktober was dit die troue. Elke detail was besonders. Reza het beeldskoon gelyk in haar eenskouer rok met die mooiste kant en AD het uiters oulik gelyk in sy swart pak en skoene met wit sole! Reza se hare en grimering was werklik iets besonders. Die dekor was sag en romanties en die seremonie was langs die polo veld gehou. Die bruidspaar het na die seremonie soos silwerdoek sterre in die statige bruidskar aangery gekom tot waar die gaste hulle met konfetti langs die polo veld ingewag het. Die kos was ongelooflik en die dansvloer het gelewe onder die lekker musiek. Dankie AD & Reza dat ek julle besonderse dag kon vasvang!

Service providers

Dress: Elizabeth Stockenstrom

Hair & make-up: Sebastine Pepler

Decor and flowers: Nico Loubser

Stationery: Secret Diary

Videographers: FJS

Cake: Cakes by Wade

Groom’s suit: Carducci

My assistant: Thank you Pc Benade!












I would love to hear from you!

comments
  1. Marti | October 24, 2011

    Wow!! Hierdie foto’s is asemrowend van begin tot end – daar is te veel om uit te sonder, maar sjoe, dis mooi! En wat ‘n lieflike rok!

  2. Cheryl McEwan | October 24, 2011

    What a beautiful wedding so well captured Nikki! love them and the colours are stunning! gorgeousness all round :)

  3. Ad | October 25, 2011

    Dankie Nikki, ons het behoorlik elke dag op jou website gegaan om te kyk wanner die foto’s daar is. Dis baie mooi en verseker die moeite werd gewees om te wag!

  4. Nadia Ackermann | October 25, 2011

    Hi Nikki

    Wat se ‘n mens dan nou oor sulke amazing fotos! stunning stunning stunning! super special couple and beautiful life long memories! a job well done girl!

  5. André van der Veen | October 25, 2011

    Nicci, dis ongelooflike mooi fotos – jy mag maar!

  6. Petra Knoetze | October 25, 2011

    Sjoe Reza!! Jy het soos ‘n droom gelyk, ongelooflik mooi! Groete vir almal wat ek ken :)

  7. Henriette Loubser | October 25, 2011

    Og, stunning!!

  8. Nicky Stowe | October 25, 2011

    Stunning Nix! What a gorgeous couple and how beautiful is her dress!!!! You captured everything magnificently as always. xx

  9. Stephné | October 25, 2011

    Yes, dis stunning! Die klompie van die bruid is absoluut asemrowend mooi. Klop op die skouer vir jou.

  10. Tiffany Burnham | October 25, 2011

    Absolutely stunning Niki, adore that one with them in front of the car with that soft light behind them :D x

  11. Riana | October 25, 2011

    Pragtig pragtig pragtig~well done Nikki en dit was ook ‘n heerlike troue Ad&Reza!

  12. Stephanie Geldenhuys | October 25, 2011

    Dit het my meer as ‘n uur gevat om al die foto’s af te laai a.g.v. ‘n swak internet konneksie maar dit was verseker die wag werd. Reze en AD julle het pragtig gelyk en die fot’s is absoluut stunning!!!!!

  13. nastassja harvey | October 25, 2011

    stunning niksie! mal oor die lig in die couple fotos sjoeweee! die groot swart en wit een waar hulle soen onder die bome tussen die gras is wow!

  14. Judy | October 26, 2011

    Dis Pragtig mooi!

  15. Stella | October 26, 2011

    Beautiful wedding – love the light by the car :)

  16. Lauren Kriedemann | October 28, 2011

    stunning photos niks x

  17. Pingback: Stunning Reza got married

  18. Adel | November 7, 2011

    Nikki, ongelooflike mooi foto’s van ‘n beeldskone bruidspaar! WoW, inspirerend soos altyd!

  19. Ad | November 21, 2011

    As julle dink die Foto’s is mooi, dan moet julle die res sien. Weereens baie dankie Nikki vir al die wonderlike herrineringe. Die bruid en Bruidegom!!



Nikki Meyer © 2012 Copyright